Leesplan inligting

10 Mini-Oordenkings Vir VroueVoorbeeld

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue

DAG 7 VAN 10

Rus vir die moedeloses

Wat ’n aanbod is hierdie nie! Jesus bied ons ’n blaaskans van die swaar las van mismoedigheid. Sluit jou oë en stel jou voor Hy staan voor jou, sy arms uitgestrek na jou. Jy stap na Hom toe, en met elke tree kan jy voel hoe die las op jou skouers ligter word.

Dis ’n wonderlike beeld, nie waar nie? Jesus roep veral dié wat gedaan is van die swaar las wat hulle dra. Hy weet daardie mense het dit wat Hy aanbied, die nodigste. Miskien is jy een van dié wat Hy roep. Is jy reg om die eerste tree na Hom toe te neem? Die belofte van rus is nogal aanloklik, nie waar nie? Laat vaar jou mismoedigheid en gaan na Hom toe. Jy sal bly wees as jy dit doen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

10 Mini-Oordenkings Vir Vroue

Carolyn Larsen wil jou daagliks herinner aan die wonderlikste geskenk denkbaar: die wete dat God jou liefhet. Laat jouself elke dag bemoedig word deur sy onvoorwaardelik liefde en ewige nabyheid. Hierdie 10 kort en inspi...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid