Leesplan inligting

Jy Sal Oukei WeesVoorbeeld

Jy Sal Oukei Wees

DAG 4 VAN 7

Jy kán vrede hê

Lees Johannes 20:21a

Oordenking

Sukkel jy om werklik vrede in jouself te vind? Daar is immers soveel dinge in en rondom ons aan die gang wat ons vrede steel, ons sagte rus wegneem.

Vrede is deesdae een van die skaarsste en gesogste emosionele ervarings omdat ons wêreld al meer van ons eis en dit voel asof ons net nooit genoeg sal hê, sal wees, sal doen nie. Boonop beleef ons situasies waarin daar baie dinge gebeur wat heeltemal buite ons beheer is.

As jou hart desperaat op soek is na die heerlikheid van sagte vrede, vra jouself af: Waarom is ek so onrustig, gespanne, ontevrede? Het dit te doen met dinge waaroor ek my onnodig kwel omdat ek nie beheer daaroor het nie? Is dit dalk my eiebelang, my oormatige besigwees, my veeleisende beroep, gesinslewe of gespanne verhoudinge?

Ongeag die rede vir jou onrus, kán jy vrede ervaar deur anders te begin dink en anders te begin doen.

Jy sal vrede vind wanneer jy, ongeag jou oorvol program en die baie eise wat die lewe aan jou stel, tyd maak om in stilte voor God te gaan sit, jou hart leeg te maak en op sy stem te wag. Daar in die stille saamwees met Hom, sal jy beleef hoe Hy jou onstuimige gemoed kalmeer, aan jou perspektief gee en ’n sagte rus in jou plaas. Want dit is waar sy vrede-wese met jou hart oorvleuel.

Vrede is een van ons hart se grootste begeertes. En dit ís, ondanks baie dinge, bereikbaar as ons bereid is om anders te dink en anders te doen omdat vrede vir ons ’n prioriteit is.

Stilword

Drie-enige God, ek weet U het die mens na u beeld geskep. Ek weet ons moet mekaar liefhê, in vrede met mekaar saamleef ... Here, U weet om in vrede te leef is nie altyd maklik nie. U weet van die verhoudinge waarmee ek sukkel. Gee asseblief u vrede wat die verstand oorskry sodat ek daarin kan leef. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jy Sal Oukei Wees

Dié groeiplan sal jou help om God in die hier en nou te beleef. Om sy teenwoordigheid bewustelik aan te voel. Dit sal jou opnuut bewus maak van hierdie waarheid: God is hier, God is vir jou, God is naby jou. Jy kan God i...

More

Ons wil graag Bybel-Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.biblemedia.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid