Leesplan inligting

Jy Sal Oukei WeesVoorbeeld

Jy Sal Oukei Wees

DAG 2 VAN 7

Jy kan weer probeer

Lees Jakobus 4:7b

Oordenking

Vroeg in ’n nuwe jaar is ons drome nog vars, ons hoop staan sterk, die energie vloei steeds in ’n breë stroom. En ons probeer alles deurvoer wat ons ons voorgeneem het.

Ons wíl beter mense word! Ja, ons wil ligdraers wees, ten spyte van die donker. Ons wil die vrug van die Gees uitleef, al is ons nie altyd daarvoor lus nie. Ons wil ook gesonder leef, midde-in allerlei versoekings en uitdagings. Ons wíl.

En ons kry grepe van hierdie “beter leef” tóg reg.

Maar iewers laat die werklikheid en ons menslikheid ons ook besef dat ons, ongeag ons beste pogings, feilbaar en broos en gebroke bly. Dis dan wanneer ons sommer wil tou opgooi, weer in ou patrone begin verval en skaam-skaam wonder of dit regtig moontlik is om suiwer te leef.

Miskien kry ons op sulke dae juis die kans om ons Here se genadehart te hoor klop. Om te weet dat Hy al ons beste voornemens ken. Dat Hy ook weet dat ons ménse is. Mag jy – ongeag die gisters, jou drome, jou hoop en jou weer probeer – elke dag neersit in die sagte hande van die Here wat jou ken.

Hy is in jou en Hy gee deur jou die lig van liefde vir ’n stukkende wêreld aan. Dis in Hom dat jy weer kan asemhaal en moed skep en voortgaan.

Stilword

Here, dankie dat U bevestig dat ek weer kan probeer. Die gejaag van die wêreld en alles wat ek moet doen, laat my hart broos voel. Dankie dat ek net kan weet dat U my nooit alleen laat nie. En dat ek elke dag in U kan leef én kan opstaan. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jy Sal Oukei Wees

Dié groeiplan sal jou help om God in die hier en nou te beleef. Om sy teenwoordigheid bewustelik aan te voel. Dit sal jou opnuut bewus maak van hierdie waarheid: God is hier, God is vir jou, God is naby jou. Jy kan God i...

More

Ons wil graag Bybel-Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.biblemedia.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid