Leesplan inligting

Jy Sal Oukei WeesVoorbeeld

Jy Sal Oukei Wees

DAG 1 VAN 7

Waarom jy hier is

Lees Lukas 2:29-30, 32a

Oordenking

Wonder jy soms waarom jy nou eintlik op aarde is? Miskien dink jy dadelik aan jou loopbaan, jou kinders, die verskil wat jy in ander se lewens maak, of die rol wat jy in die kerk of in die samelewing speel.

Of dalk voel dit vir jou, veral as jy na ander kyk, of jy nooit regtig ’n bestaansreg sal hê nie. Daarvoor is jou lewe te eenvoudig, te gewoon. Jy doen nie werklik enige “groot” dinge nie.

Onthou dan, die lewe is nie allereers ’n “taak” nie. Jy is nie gebore om bloot ’n spesifieke werk te doen nie; die Vader het nie vir jou ’n taaklysie opgestel wat jy moet afhandel nie.

Die waarheid is dit: Jy is gebore om vir God te leef. Jy is met een doel in die moederskoot gevorm: om ’n vreugde vir God te wees. Stephan Joubert sê: “Ons is hier vir God se plesier.”

En weet jy wanneer maak jy God gelukkig? Wanneer jy Hom in die gewone gang van jou bestaan hoor. Wanneer jy Hom in die groot én klein dinge in jou lewe raaksien. Wanneer jy Hom in die alledaagse raakleef.

Mense wat geleer het dat hulle nie iets hoef te doen om God of ander te beïndruk nie, is mense wat met vryheid en vrede leef. Hulle laat hulle nie ontstel deur ander se verwagtings of voorkeure nie omdat hulle diep in hulle hart net een ding verlang: om God se wil te ken.

Mag jy in die stilte van jou hart God se stem hoor wat sê: Wie jy in My is, is soveel belangriker as wat jy doen. Sien My. Hoor My. En gaan leef My.

Dit is eenvoudig, en dit is kragtig.

Stilword

Here, ek wonder soms oor my hier-wees en waarom U my aanmekaargeweef het. Dan raak ek bewus van U liefde vir my. Ek besef dat U my liefhet, en dié liefde stroom oor die rand van my hart. Ek bid dat my hier-wees tot eer van U sal wees. Want ek besef dis dan dat my ek-wees verdwyn en u U-wees helder deur my skyn. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jy Sal Oukei Wees

Dié groeiplan sal jou help om God in die hier en nou te beleef. Om sy teenwoordigheid bewustelik aan te voel. Dit sal jou opnuut bewus maak van hierdie waarheid: God is hier, God is vir jou, God is naby jou. Jy kan God i...

More

Ons wil graag Bybel-Media bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.biblemedia.org.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid