Leesplan inligting

Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 1 VAN 12

Hunkering na Liefde



Ons almal se harte hunker na liefde, of ons dit nou daarvan bewus is of nie. Ons is letterlik van liefde gemaak. God is liefde. Wil jy graag die ware liefde van God leer ken? Verlang jy daarna om Hom opreg lief te hê met jou hele hart, siel, verstand en al jou krag?



Wat is ware liefde? Die woord liefde het so baie betekenisse. Ons kan sê: "Ek is lief vir koffie. Ek is lief vir my lewensmaat. Ek is lief vir Jesus." Hoe kan ons weet wat ware liefde regtig is? Hoe lyk dit? Hoe voel dit? Maak dit hoegenaamd saak?



Ware liefde is meer as 'n sensasie, 'n gevoel, 'n missie of selfs 'n leerstelling. Ware liefde is 'n opregte begeerte om te sien dat dit met iemand anders goed gaan. Ware liefde, wat eer aan God bring, is die doel van die lewe en die bestaan van die kerk.



Sommige mense mag wel sê dat sendingwerk die hoofdoel van die kerk is: “Die belangrikste taak van die kerk is om die wêreld te evangeliseer. Die missie van die kerk is sendingwerk.” (Oswald J. Smith)



Ander mense sê dit is aanbidding: “Sendingwerk is nie die belangrikste taak van die kerk nie. Aanbidding is. Aanbidding is 'n groter prioriteit as sendingwerk, want God is belangriker as mense. As hierdie wêreld soos ons dit ken, verby is, en miljoene bekeerdes buig voor God se troon, sal sendingwerk nie meer van belang wees nie. Dit is 'n tydelike noodsaaklikheid. Aanbidding is vir ewig.” (John Piper)



God beveel sy kinders om Hom met hulle hele hart, siel, verstand en al hulle krag, lief te hê. Jesus benadruk dit en sê dat liefde die eerste en belangrikste gebod is. Hy sê dat ons die Here God moet liefhê met ons HELE hart, ons HELE siel, met ons HELE verstand en met AL ons krag. Later sê Hy dat mense sal weet dat ons sy dissipels is, as ons mekaar liefhet. In sy brief aan die Korintiërs verduidelik Paulus aan hulle dat geloof, hoop en liefde goeie eienskappe is, maar dat liefde die belangrikste van die drie is.



Sendingwerk en aanbidding is die uitdrukking van ware liefde.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebe...

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid