Leesplan inligting

Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 5 VAN 12

Liefde Word Verdraai



Net soos Augustinus, kan ons sê dat liefde die belangrikste is. Net soos Augustinus kan ons ook uitwys dat die goeie dinge wat God gee, verdraai word. Dit is die definisie van die bose. Selfs liefde kan verdraai word en op die eie-ek fokus. Sondaars is van nature op hulself gefokus en ons lewe in 'n self-gesentreerde wêreld. Solank as wat ons op onsself fokus, mis ons God se ware liefde.



Ons wil nie dit wat reg voor ons is mis, omdat ons bang of trots is, of uit ongeloof nie. Ons wil nie deur die lewe en al sy omwentelinge gaan, net om op die ou end uit te vind dat ons die doel gemis het nie.



Daar is 'n baie ou spreuk met verskillende variasies wat ons waarsku dat 'n klein dingetjie wat nie gedoen is nie, verreikende gevolge kan hê.



Omdat daar nie 'n spyker was nie, kon die perdeskoen nie vasgekap word nie,

Omdat die perd nie 'n perdeskoen gehad het nie, kon hy nie gebruik word nie,

Omdat die perd nie nuttig was nie, was 'n ruiter nie nodig nie,

Omdat daar nie 'n ruiter was nie, kon die boodskap nie afgelewer word nie,

Omdat die boodskap nie afgelewer kon word nie, het die soldate 'n geveg verloor,

Omdat die geveg verloor is, het die land die oorlog verloor,

Omdat die oorlog verloor is, is 'n koninkryk verloor,



Omdat daar nie 'n spyker was nie, het die wêreld aan sy einde gekom.



Al is ons gered, mag ons eendag in die hemel kom en besef dat ons nie God se liefde ten volle ervaar het nie. Amy Carmichael vertel: "Julian van Norwich [in die 1300’s] skryf: 'Dit is God se wil dat ons sy vertroostinge so groot en magtig sal aangryp soos ons kan en volgens sy wil dan ons moeilikhede so nietig en klein sal opneem as wat ons kan, en dit tot niks verklaar. Ja, want in die oggend is daar weer vreugde.'"



Samuel Rutherford het 300 jaar later geskryf: “Ek verstaan nie die pad na God se liefde nie. As ek geweet het wat Hy vir my bedoel het, sou ek nie so 'n papbroek gewees het nie.”



Kan jy jouself sien in hierdie heiliges van lank gelede? So dikwels is dit vir ons moeilik om hierdie liefde te ontvang. Ons voel onwaardig, nie geliefd of aanvaarbaar nie. Hier diep in ons binneste voel ons dat ons die doel gemis het. As ons die doel mis, sal ons baie seëninge en geleenthede wat God vir ons in gedagte gehad het ook mis.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebe...

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid