Leesplan inligting

Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 2 VAN 12

Ons Uiteindelike Doel, Ware Liefde



Indien ware liefde die belangrikste doel in ons lewens is, is dit nie noodsaaklik dat ons weet hoe dit lyk en hoe ons dit kan bereik nie? Ons mag onsself afvra: Kan ons ware liefde ken?



As God liefde is,



en God beveel ons om Hom lief te hê,



en God het, deur sy genade, sy liefde in ons harte uitgestort met ons bekering,



dan kan ons antwoord ja wees — 'n oorweldigende JA!



Ons het die vermoë om te weet wat ware liefde is, om ware liefde te geniet, om in ware liefde te leef en om ware liefde te gee. As God self liefde is, is Hy nie net vir ons 'n perfekte voorbeeld van liefde nie, maar ook ons bron van liefde.



Is daar struikelblokke wat ons van ware liefde sal weerhou?



Ongeloof? Seerkry? Verraad? Wantroue? Gevoelloosheid? 'n Loopbaan? Jou huis? Gewildheid? Vrees? Onwaardigheid? Mislukking? Dink hieroor na terwyl jy vandag by die werk of huis is, of as jy in jou kar ry ... gaan dan na die Here in gebed en vertel vir Hom wat jy ontdek het. As jy dink daar is nie iets wat jou verhinder nie, maar jy voel net dat jy nie so naby aan die Here is soos jy wil wees nie, vertel dit vir Hom.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebe...

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid