Leesplan inligting

Wat Is Ware Liefde?Voorbeeld

What Is True Love?

DAG 8 VAN 12

Weerstand teen Liefde



As Christus liefde is en om soos Christus lief te hê die einddoel is, dan sal daar beslis weerstand in ons soeke daarna wees. As God liefde is, is die Satan, ons vyand, net mooi die teenoorgestelde. Die lewe is nie net moeilik nie, dit is 'n geveg. Net soos skape 'n skaapwagter nodig het om vir hulle die pad aan te wys en te beskerm, so moet ons Jesus nougeset volg sodat ons nie afdwaal, verstrengel raak in die dinge van die wêreld, onsself verloor of deur die vyand om die bos gelei word nie.



Ons kom agter hoe swak en nietig ons is en roep uit: “O Here, ek is soos stof ... ek is nie skaars of duur nie, maar iemand wat niks is en niks het nie ... Ek is maar al te goed bewus van my sondige natuur en nietigheid” (geneem uit “Man A Nothing,” in The Valley of Vision).



As God liefde is en ons vertrou dat Christus ons Heer en Redder is, weet ons dat ons geliefd is. Ons weet ook dat ons uit die koninkryk van duisternis gered is en in die koninkryk van ware liefde geplaas is. Nou wil ons weet hoe om in daardie liefde te leef. Hoe doen ons dit? Hou jou oë op die evangelie en laat dit jou krag gee:



-die evangelie is die fondament van ware liefde

-die evangelie wys hoe liefde lyk

-die evangelie verduidelik wat liefde is

-die evangelie help ons om in liefde te reageer



Ons moet elke dag vir die Here vra om ons te help om Hom te volg, om in sy liefde te wandel, om Hom lief te hê en om sy liefde met ander te deel.



Neem die Waarheid ter Harte: Kies 'n Skrifgedeelte om ter harte te neem, wat jou hart en verstand sal vernuwe.



Begrawe die Ou Self: Watter spesifieke sonde in jou lewe word aangespreek deur die Skrif waarvan jy 'n nota gemaak het? Paulus sê baie duidelik dat ons van die ou mens ontslae moet raak.



Leef die Waarheid: Word 'n nuwe mens in Christus. Watter spesifieke aanpassings moet jy maak ten opsigte van jou gedagtes, gesindheid en optrede, om jouself aan God te onderwerp en sy waarhede deel van jou lewe te maak?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

What Is True Love?

Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebe...

More

Baie dankie aan Thistlebend Ministries wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.thistlebendministries.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid