Leesplan inligting

Afhanklik – en Dis OukeiVoorbeeld

Afhanklik – en Dis Oukei

DAG 7 VAN 7

STABILISEER MY

Het jy al deur ’n vertrek gestap en per ongeluk teen ’n tafel gestamp waarop ’n vaas staan? Terwyl dit van kant tot kant kantel, gryp ’n mens vinnig daarna om dit te probeer stabiliseer – veral as jy by iemand kuier en ’n vermoede het dat die vaas redelik duur was of baie sentimentele waarde het.

Uitdagings of teleurstellings kan ons soms laat voel soos die vaas wat van kant tot kant kantel met die gevaar dat ons kan val en sien hoe ons lewe uitmekaarspat. Dit gebeur met ons finansies wanneer dit voel of geen plan om uit die skuld of deur die maand te kom, gaan slaag nie. Dit gebeur wanneer ’n verhouding besig is om te verbrokkel en jou pogings om dit te red nie slaag nie. Of dit gebeur wanneer ’n familielid se siekte al erger word of depressie jou al dieper in die donker gat aftrek. Die vaas kantel en dit voel asof ons te swak is om dit te stabiliseer.

God herinner ons egter op verskeie plekke in sy Woord dat Hy ons stabiliseer. Hy trek ons uit die donker gat van depressie en sit ons voete op ’n rots om met selfvertroue vorentoe te loop. In Efesiërs 3:20 herinner die skrywer ons daaraan dat God in staat is om veel meer te doen as wat ons kan bid of dink of vra. In Psalm 40:2-4 lees ons: “Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het na my afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ’n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ’n nuwe lied gegee, ’n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou.

Hy kan ons met wysheid vul om goeie besluite oor ons finansies te neem. Hy kan verhoudings herstel. Hy kan siektes genees. Kom ons roep Hom aan en laat Hom toe om ons situasie te stabiliseer.

Hy bly die Stabiliseerder.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Afhanklik – en Dis Oukei

Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer sp...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid