Leesplan inligting

Afhanklik – en Dis OukeiVoorbeeld

Afhanklik – en Dis Oukei

DAG 6 VAN 7

DIE GESKENK VAN VRIENDSKAP

’n Tyd gelede het ek een oggend met ’n swaar gevoel opgestaan. Ek is van nature ’n baie positiewe mens, en hierdie gevoel was dus vir my vreemd omdat ek nog nooit met depressie of depressiewe gedagtes gesukkel het nie. ’n Projek waaraan ek gewerk het, het egter ’n doodloopstraat bereik. Probleemoplossing is nie iets waarmee ek gewoonlik sukkel nie, maar in hierdie geval het dit vir my gevoel of ek nie weet watter kant toe nie.

Ek het gebid. Ernstig gebid. Die swaar gevoel het gebly. Ek het Skrifgedeeltes aangehaal en geestelike oorlogvoering probeer. Die swaar gevoel het gebly. Dit was verskriklik.

Teen middagete daardie dag het ek ’n vriendin raakgeloop. Terwyl ons gesels het, het ek haar van die projek vertel. Haar gesig het opgehelder. Dit was presies wat sy in haar hart gedra het! Binne die volgende uur of wat kon ek voel hoe die swaar gevoel begin lig, lig in die duisternis inskyn en ek ’n uitkoms uit my magteloosheid vind. My vriendin was die “verlore stukkie” in die legkaart wat ek nodig gehad het om die idee vlerke te gee.

Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Tog skryf die spreukedigter dat twee beter is as een en dat ’n driedubbele tou nie maklik breek nie. Wanneer ons as ’n “liggaam” funksioneer, dra elkeen iets spesifieks by tot die groter prentjie. Dit hou ons nederig en afhanklik van God.

Soms wonder ek of die “swaar gevoel” daardie oggend nie juis God se manier was om my te laat besef watter geskenk daar juis in vriendskappe opgesluit lê nie!
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Afhanklik – en Dis Oukei

Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer sp...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid