Leesplan inligting

Afhanklik – en Dis OukeiVoorbeeld

Afhanklik – en Dis Oukei

DAG 4 VAN 7

“EK SAL SELF!”

Ons oudste dogtertjie, Joalé, was twee jaar oud toe die “ek-sal-self”-fase begin het. Self aantrek. Self eet. Self by die trap afgaan. Selfs self oor die pad stap. Het ek haar toegelaat om al hierdie dinge self te doen? Natuurlik nie as dit haar lewe in gevaar sou stel nie. Tog, om ’n groot tranedal aan die een kant te vermy en aan die ander kant vir haar ’n leergeleentheid te skep, sou ek soms terugstaan om haar toe te laat om eers “self” te probeer – al het ek ook geweet dat sy my hulp heel moontlik gaan nodig kry.

In ons lewens as volwassenes gaan ons ook soms deur hierdie “ek sal self”-fase. Ons verklaar dit dalk nie so duidelik met ons woorde nie, maar ons sê dit met ons dade. Ons dink ons kan self die krisis in die werkplek, in ons huwelik of met ’n kind uitsorteer – omdat ons dit in die verlede reggekry het. Ons dink ons kan self loskom uit ons finansiële verknorsing – omdat ons vriende met kennis het wat ons kan help. Of ons dink ons kan self besluit of die persoon met wie ons in ’n verhouding is ons huweliksmaat is. Alhoewel God ons maklik en vinnig uit situasies kan help deur ons met wysheid te lei, staan Hy ook soms terug as ons Hom nie deel van ons planne maak nie. In Jakobus 4:2 staan immers geskryf: “Die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, is die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.” Wanneer ons vasbrand, besef ons opnuut hoe afhanklik ons van Hom is.

Kom ons los eerder die “ek-sal-self”-optrede en kies om God se koninkryk eerste te stel. Kom ons vra Hom om ons te lei in besluite in die werkplek, by die huis en in ons persoonlike lewe. So sal ons ons nie net geweldig baie frustrasie en seer spaar nie; ons sal God se beste in ons lewens beleef.

Ons kan Hom deel maak van elke faset van ons lewens en ons kan Hom vertrou om ons in die regte rigting te lei.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Afhanklik – en Dis Oukei

Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer sp...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid