Leesplan inligting

Afhanklik – en Dis OukeiVoorbeeld

Afhanklik – en Dis Oukei

DAG 5 VAN 7

EERDER VYF AS GEEN …

Wanneer laas het jy kwaliteittyd saam met God deurgebring? Laat dié vraag jou dalk skuldig voel?

’n Tyd gelede het ek gevoel ek bring nie “genoeg” tyd saam met God deur nie. En omdat ek ’n sterk streep perfeksionisme in my het en glo dat ’n mens dinge behoorlik doen of glad nie doen nie, het ek onbewustelik begin om al minder tyd saam met God deur te bring omdat ek gevoel het ek doen dit nie “behoorlik” nie. Die gevaar is dat ’n mens dan mettertyd begin om korter van draad te word, makliker oorweldig voel en ’n gejaagde gevoel binne jou ontwikkel.

As ma, vrou, skrywer, radio-omroeper en entrepreneur verg dit meestal nogal beplanning om deur die prioriteitslys vir die dag te kom. Dit was juis op een van daardie dae wat ek gedink het ek gaan nooit deur my lysie kom nie dat hierdie woorde in my hart kom lê het: “Eerder vyf minute as geen minute.” Ek het dadelik geweet dit is die influistering van die Heilige Gees.

Toe ek eindelik stil word en met God begin gesels, het dit amper gevoel soos toe Jesus die storm beveel het om stil te word. ’n Vrede het in my gemoed neergedaal. Daar gaan nou selde ’n dag verby waar ek nie ’n paar keer deur die loop van die dag by God uitkom nie.

Die vyand wil hê ons moet ver van God af wees en gebruik ons skuldgevoelens om daardie afstand te behou. God staan egter met oop arms en wag vir ons. As ons sy aangesig soek, daal vrede neer. Hy tel die juk van ons skouers af. Hy vul ons met kreatiwiteit. Hy gee vir ons onderskeiding, wysheid en perspektief nog voordat ons dit nodig kry. Hy maak ons paaie reguit.

Hoekom sal ons hierdie dag sonder Hom wil aanpak?
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Afhanklik – en Dis Oukei

Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer sp...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid