Leesplan inligting

Afhanklik – en Dis OukeiVoorbeeld

Afhanklik – en Dis Oukei

DAG 3 VAN 7

SELFBEHEERSING NEEM JOU VER

Op 20 April 2010 was daar ’n ontploffing op die olieboorplatform Deepwater Horizon in die Golf van Mexiko. Elf mense is dood in hierdie ramp wat tot op hede beskou word as die grootste oliestorting in Amerika se geskiedenis. Die ontploffing het veroorsaak dat ’n boorgat op die seebodem oopgebreek het en olie in die oseaan ingestroom het.

Talle pogings om die lekkende boorgat toe te maak, was onsuksesvol en die impak van die olie het ’n ekologiese ramp tot gevolg gehad. Eers na drie maande se gesukkel het die span wetenskaplikes aangekondig dat hulle deur middel van ’n onderwaterrobot ’n prop oor die lekkende boorgat geplaas het. Hierna kon ’n span van 40 000 mense met die opruimings- en rehabilitasieproses begin.

Soms tref onbeplande krisisse of uitdagings ons lewens – net soos die ontploffing op die olieboorplatform. Wat is jou reaksie in sulke gevalle? Verloor jy jou humeur? Kry jy stilstuipe terwyl jy jou huweliksmaat ignoreer? Verskree jy jou kinders of kollegas? Of kies jy om ’n prop bo-oor jou negatiewe emosies te plaas deur telkens tot by 10 (en soms ook tot by 100) te tel voordat jy reageer?

Kom ons vra God om ons te help om onmiddellik ’n prop bo-oor negatiewe gedagtes en emosies te plaas deur dit te erken, vas te vat en onder die heerskappy van Christus te plaas (Rom. 12:2).

Dít is immers beter om dit vroeër te doen eerder as om later lank te sukkel om reg te maak wat verbrou is – en dit gewoonlik teenoor die mense die naaste aan ons!
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Afhanklik – en Dis Oukei

Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer sp...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid