Leesplan inligting

Kruis Van LiefdeVoorbeeld

Kruis Van Liefde

DAG 7 VAN 7

Om werklik te lééf!

Jesus het veel meer oor die lewe as oor die dood gepraat. Nietemin hoor ons hoe Hy by Lasarus se graf huil, hoe sy hart verteder oor ’n weduwee se seun wat sterf, en hoe Hy in die paar uur voor sy eie dood ook in vrees kniel voor sy Vader. Aan die kruis hoor ons hoe Hy lewe gee aan die gekruisigde langs Hom … voordat Hy oomblikke later met ’n laaste uitroep aan ons almal léwe gee. Ja, Jesus treur saam met ons oor die verskrikking en pyn van die dood, maar Hy leer ons ook om oorvloedig te lééf terwyl ons leef. Om te gee terwyl ons kan, uit te reik terwyl ons nog daar vir mekaar is en die wonder van lewe elke dag te vier!

Kom ons kies om vandag sommer net weer dankbaar te wees oor die lewe, oor die baie vanselfsprekende dinge wat kleur aan ons dag gee: die oggendstrale wat ’n nuwe dag aankondig, elke kosbare sintuig, die liefhêmense om ons, voorregte waarvan ander net kan droom, ’n land waar ons vry is om ons Here te aanbid …

Mense wat voluit lééf, het dikwels juis vrede met die dood.

Van vandag af wil ek met oorgawe leef … sodat ek eendag met vrede-tevredenheid sal sterf.

Hierdie oordenkings is geneem uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Kruis Van Liefde

Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorw...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid