Leesplan inligting

Kruis Van LiefdeVoorbeeld

Kruis Van Liefde

DAG 1 VAN 7

Kruis van liefde

Daar was ’n krip. ’n Voerbak vol hooi met ’n pasgebore baba. En ’n ster wat vertel het dat hier iets meer as net nog ’n kind in die wêreld gekom het. Dat die Messias wat redding bring, hier is. Asof dit die vaste wete en oortuiging wou bring dat God se beloftes waar is.

Daar was die Man. Die Een wat ’n stukkende wêreld kom heelmaak het. Wat deur die stofstrate van dorpe geloop het en aan moedeloses hoop gebring het. Siekes gesond gemaak het. Die Skrif prakties kom demonstreer het. Aan sondaars vergifnis uitgedeel het.

Dan was daar die kruis. Die kruis wat aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Wat alle menslike beperkings kom oortref het. Die dood oorwin het. Wat léwe gebring het. Altyd-lewe aangebied het.

Tussen die krip en die kruis het daar so baie dinge gebeur. Het die Man ons op soveel maniere kom wys hoe die lewe ná die kruis kan lyk en hoe ons op ons eie stofstrate iets van sy soort hoop kan bring. Hoe ons ander kan wys dat daar juis léwe is omdat daar ’n krip én ’n kruis was.

Kom ons demonstreer vandag iets van die Seun van die krip in die manier hoe ons die liefde van die kruis uitleef.

Vandag onthou ek opnuut hoe U as Krip-baba u naelstring-verbintenis aan ons kom bevestig het. En aan ons kom wys het hoe die liefde regtig lyk.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Kruis Van Liefde

Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorw...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid