Leesplan inligting

Kruis Van LiefdeVoorbeeld

Kruis Van Liefde

DAG 4 VAN 7

Die pyn van alleenheid

Hy het so mooi gevra dat hulle – sy vriende – saam met Hom in sy broosheid voor sy dood, sal waak. Maar toe raak hulle, in sy uur van nood in Getsemane, aan die slaap. Wanneer Hy kort daarna uitgelewer word, is hulle te bang om vir Hom op te staan. Petrus ontken selfs dat hy Hom ken …

Alleen het Hy die kruis gesleep-dra teen Golgota. Sy vriende bang-bang eenkant. Alleen het Hy in doodsvrees op die kruis gelê terwyl spykers sy hande en voete deurboor. Alleen het Hy vir drie ure in ondraaglike en bomenslike pyn gehang tot sy laaste kreet: “My God, my God, hoekom het U My verlaat?” (Mark. 15:34).

Miskien het jy ook al beleef dat jy in jou grootste pyn sielsalleen is. Dat daar niemand is wat regtig omgee nie. Hieroor sê David Whyte: Sometimes it takes darkness and the sweet confinement of your aloneness to learn anything or anyone that does not bring you alive is too small for you.

Weet vandag: Daar is Een … soms net dié Een … wat groot genoeg is om saam met jou in jou verlatenheid te lééf. Jou weer léwe te gee. Ons grootste alleenwees is soms die plek waar ons die heel naaste is aan die Een wat verlatenheid geken en dit oorwin het. Bly jy maar net by Hom!

U steek u hand uit en red my deur u krag … Moenie die werke van u hande laat vaar nie (Ps. 138:7b, 8c).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Kruis Van Liefde

Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorw...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid