Leesplan inligting

Kruis Van LiefdeVoorbeeld

Kruis Van Liefde

DAG 2 VAN 7

Gly die Lydenstyd oor ons harte?

Dis so maklik om afgestomp te raak. Veral oor dinge wat ons al ’n duisend keer gehoor het; oor feite wat ons van kindsbeen af geleer het. Dis dan wanneer die ware impak van weer-onthou sommer gou oor ons harte gly … sonder dat dit ons regtig raak. Dis waarom ons, wat al soveel keer die gebeure van Jesus se kruisiging gelees en gehoor het, die gevaar loop om Paastyd sommer net weer te laat “verbygaan”. Terwyl, as ons tyd maak om regtig net weer voor die kruis en die graf te gaan staan, ons opnuut verryk kan word. Kom ons laat toe dat Paastyd ons weer ráák deur net weer te dink aan:

• Die intense menslike vrees en pyn wat Hy voor en tydens die kruisiging moes deurmaak;

• Sy liefde wat so groot vir my en jou is, dat Hy bereid was om vir ons te sterf;

• Die diep besef dat Hy uitgeroep het: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” sodat ek en jy nooit sonder Hom sou hoef te wees nie;

• Die vreugde en dankbaarheid van sy opstanding en die feit dat ons – al sterf ons – vir altyd saam met Hom sal leef.

Hoe kan ons die waarhede van sy dood wat vir ons léwe gee, ooit sommer net oor ons harte laat vloei sonder dat dit ons binnekant weer nuut laat leef?

O Jesus, mag ek nooit dit wat U gedoen het net lukraak onthou nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Kruis Van Liefde

Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorw...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid