Leesplan inligting

Kruis Van LiefdeVoorbeeld

Kruis Van Liefde

DAG 3 VAN 7

God kán huil!

God kán huil! Hy’t gehuil toe sy Seun sy laaste woorde aan die kruis hartverskeurend uitgeroep het: “Tetelestai!” – “Dit is volbring.” Daarvan is die donker wat op die aarde toegesak het toe Jesus sterf ’n teken. Die Vader se hart was eenvoudig gebroke en in donker gehul oor sy Seun se dood. Oor sy Seun wat Hy ’n sondaar moes maak en laat sterf sodat ons kan lewe.

God kán huil. Oor sonde en die pyn wat dit bring. Maar God het ook alle huil oorwin. Hy het die stukkend, seer en rou wat die mens self oor hom gebring het, weggeneem met ’n leë graf waarin daar doeke lê. Opgevoude doeke wat beteken dat Hy leef en dat Hy weer kom. Doeke wat ’n simbool is van die dood, maar hier in die leë graf juis ook die teken word van lewe. Van lag. Vreugde. Jubeling. Oorwinning.

Jesus se aardse verhaal vertel die storie van ’n God wat huil oor stukkende mense. Maar die storielyn eindig nie daar nie. Dit word ’n verhaal van heelmaak, hoop en hemelse heerlikheid. Meer nog: Dit word ons storie. Ons kan – ondanks die pyn van hierdie wêreld – weet: God glimlag. Glimlag in sy liefde vir ons. Vir jóú.

Dankie Vader dat U u Seun laat sterf het sodat ek kan leef. Vandag vul dit my weer met diepe vreugde.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Kruis Van Liefde

Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorw...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid