Leesplan inligting

Klein Groepe, Enorme GroeiVoorbeeld

Small Groups, Huge Growth

DAG 6 VAN 7

Dra Asseblief Die Gawes Oor


Stel jou gunsteling vakansie-maaltyd in jou gedagtes voor. Vir baie is dit met Danksegging. Kalkoen, ham, vulsel, kapokaartappels, geroomde mielies, pampoentert en pekanneuttert … is jy al honger? Dink nou aan dieselfde maaltyd sonder jou gunsteling geregte op die tafel. Jy het die hele jaar op hierdie ete gewag, en jou gunsteling geregte is nêrens te vinde nie. Soort van teleurstellend, nè?


Kleingroepe is so. Die Skrif maak dit duidelik dat God aan elke gelowige 'n geestelike gawe gee. Die doel van hierdie gawes is om met die opbou van die kerk te help. Wanneer 'n groep gelowiges bymekaarkom, kom elkeen met hulle unieke gawes. Gesamentlik is hierdie gawes kragtig!


As Christus-volgelinge dus nie in onderlinge gemeenskap betrokke is nie, is dit asof niemand die kalkoen of pampoentert na die Danksegging-maaltyd gebring het nie. Niemand ontvang die seën van elke persoon se gawe nie, en die groep loop die spesiale iets mis wat net elke individu kan bring. Die gevolg hiervan is belemmerde groei en onbenutte krag binne die groep as geheel.


Besin: Wat is jou geestelike gawes? Wat is die gawes van elke persoon in jou kleingroep? Weet jy? Weet hulle? As julle dit nog nie gedoen het nie, neem jou groep deur 'n bepaling van geestelike gawes. Wanneer almal se gawes geïdentifiseer is, hoe kan elke persoon sy gawes toepas?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Small Groups, Huge Growth

Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid