Leesplan inligting

Klein Groepe, Enorme GroeiVoorbeeld

Small Groups, Huge Growth

DAG 1 VAN 7

Hoe Alles Begin Het


Jy het waarskynlik al mense ontmoet wat vir Christus volg en 'n deurbraak of genesing ervaar het, as gevolg van 'n kleingroepie waarvan hulle deel is. Jy is moontlik selfs een van daardie mense of lei een van daardie groepe. Maar wat as ons vir jou sê dat elke Christen hul geloof aan 'n enkele klein groepie gewone mense te danke het? Sommige het gesinne gehad. Sommige was kantoorwerkers en andere handearbeiders. Almal was volkome toegewyd om saam die geloof te bevorder, en die resultate is onmeetbaar.


Ja, jy volg nè? Jesus en sy dissipels was die eerste kleingroep. Hulle het saam gelag, oral saam gereis, saam geleer, saam gedien, saam gebid, en op 'n baie werklike en vars, innoverende manier die wêreld saam verander.


Klink dit na jou kleingroepie? Vind mense genesing en deurbraak as jy bid? Is jy en jou kleingroep gedurende die week voortdurend besig om mense nader aan die geloof te trek? Wanneer julle bymekaarkom, voel dit soos 'n ondersteuningsgroep wat probeer asemskep na al die verstommende en uitmergelende ervarings om Christus se liefde en krag deur die week te deel?


Toe Jesus na sy dissipels gekyk het, het Hy nie 'n supergeestelike droomspan of 'n baie gemaklike voorstedelike span gesien nie. Hy het 'n klein stukkie van die wêreld gesien. Ondanks — of miskien as gevolg van — hul gewone status, het Hy planne gehad om die hele wêreld deur hulle te herstel. Wat sien jy as jy na jou groep kyk? Hoe weerspieël dit jou visie vir jou groep? Wat is God se visie vir jou groep?


Bid: Vader, laat ek as groepleier enigiets ongedaan? Het U iets groter ten doel vir my groep? Vandag nooi ek die Heilige Gees uit om my hart en oë oop te maak vir wat U in en deur ons groep wil doen. Amen.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Small Groups, Huge Growth

Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid