Leesplan inligting

Klein Groepe, Enorme GroeiVoorbeeld

Small Groups, Huge Growth

DAG 3 VAN 7

Jy Het 'n Ryk Erfenis


Stel jou voor dat Paulus, Petrus of 'n ander vroeë Christen, dwarsdeur tyd tot vandag na jou kerk kon reis. Petrus mag dalk in jou oggenddiens gaan sit en met geneentheid die dag onthou toe hy vir die menigtes gepreek het. Miskien sou Paulus na jou jeugsentrum drentel en, al sou van die kinders moontlik vir hom skrik, sou dit hom herinner aan sy briewe aan Timoteus en die wysheid om die denke en gees van jong gelowiges te beïnvloed. Nog 'n vroeë Christen proe dalk 'n oliebol in die voorportaal en wonder of hulle reeds die hemel binnegegaan het. Waar sou hulle egter dit kry wat hulle as “kerklike” byeenkomste beskou? Ons wed jou dit sal in 'n kleingroep soos joune wees.


Andy Stanley, wat een van die suksesvolste kerke in Amerika lei, sê soos volg: "Lewensverandering vind in sirkels plaas, nie in rye nie."


Van die begin af het die vroeë kerk ontwikkel rondom die idee van klein byeenkomste van gelowiges. Die apostel Paulus verwys na verskeie huiskerke in die sendingsbriewe wat hy geskryf het. Lukas, die skrywer van die boek Handelinge, het ook genoem dat die vroeë kerk in huise vergader het.


Ten spyte daarvan dat hierdie huiskerke klein was, was hulle kragtig. Lewens is daagliks verander as gevolg van die impak wat hierdie groepe op hul gemeenskappe gehad het. Mense is genees, die Gees was aan die werk en duisende is daagliks by die aantal gelowiges gevoeg.


Bill Hybels, 'n leraar by nog een van Amerika se grootste kerke, sê dikwels: "Die plaaslike kerk is die hoop van die wêreld." As dit waar is, dan is kleingroepe die hoop van die kerk. Dit is hoe ons een met God en met mekaar word.


Craig Groeschel, pastoor van Life.Church, noem LifeGroup-leiers "die helde van ons missie." Hoekom? Omdat die liefde en krag van God deur hierdie groepe in ons kerke, teenoor ons bure, medewerkers, gesinne en vriende duidelik word. Sonder gesonde kleingroepe word ons kerke groot, maar verdeeld en kragteloos. In plaas daarvan om van Christus te getuig, kan hulle 'n slegte, godsdienstige smaak in die mond van die wêreld laat.


Besin: Mense bring ontelbare ure en geld deur om hul herkoms na te speur om sodoende met hul erfenis in te kontak te kom. Hier is 'n tydbesparing: as leier van 'n kleingroep, is jou erfenis die vroeë kerk! Hoe maak jy kerkgeskiedenis as 'n kleingroepleier? Hoe dra jou groep by tot die welstand en lewe van jou kerk? Of van jou gemeenskap?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Small Groups, Huge Growth

Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid