Leesplan inligting

Klein Groepe, Enorme GroeiVoorbeeld

Small Groups, Huge Growth

DAG 5 VAN 7

Hou Aan Asemhaal


Stel jou voor jy gaan aan boord van 'n vliegtuig, gespe jouself vas en begin luister na die veiligheidsinstruksies van die lugwaardinne: "As daar skielik 'n verlies aan kajuitdruk is, sal daar suurstofmaskers van bo af vrygelaat word. Volwassenes, sit eers julle maskers aan voordat julle jul kinders probeer help.” Het jy al ooit so gedink: "Ernstig? Gee lugrederye nie om vir kinders nie?" As jy hieroor gewonder het, is dit moontlik dat jy nie 'n ouer is nie. Ouers weet dat hulle niks vir hul kinders kan doen as hulle reeds self flou geword het nie. Ouers moet aanhou asemhaal om na hul kinders te kan omsien.


Om 'n kleingroep te lei, kan fisiek, geestelik en emosioneel uitputtend wees. Alhoewel die verlies aan kajuitdruk gewoonlik nie skielik in ons wêreld is nie, is geestelike leierskap meer geneig om die lewe stadig en stil uit jou te dreineer. Tensy jy natuurlik die nodige doen om aan te hou asemhaal.


Dit is nie dwaas om eers vir jouself te sorg nie — dit is dwaas om dit níé te doen nie. Wanneer jy nie beter word deur in Christus asem te haal en jou laste en bekommernisse uit te asem nie, hoe kan jy ander daartoe lei? As jy getroud is, beteken dit dat jy eers vir jou huwelik moet omgee voordat jy vir 'n ander se huwelik omgee. As jy 'n gesin het, beteken dit jy sorg eers vir jou gesin voordat jy die volgende gesin probeer verbeter. Verstaan jy? Sit eers die masker op.


Doen die volgende: Vra die Heilige Gees om jou te wys in watter area(s) jy dadelik moet optree.



  1. Soek daagliks God se wysheid deur sy Woord

  2. Geniet God se onophoudelike vriendskap, leiding en krag in gebed

  3. Vind wyse raad en kameraadskap by 'n mentor

  4. Wees verantwoordbaar aan 'n betroubare vriend

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Small Groups, Huge Growth

Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid