Leesplan inligting

Klein Groepe, Enorme GroeiVoorbeeld

Small Groups, Huge Growth

DAG 2 VAN 7

Jesus Het Dít Vir Jou Gebid


As jy nog nét een keer kon bid, wat sou jy vir God sê? Dit sou soos die belangrikste gebed van jou lewe voel, nie waar nie? Jesus het so 'n gebed gehad — en Hy het gekies om vir ons te bid.


Die laaste maaltyd is geëet en Jesus het saam sy dissipels beweeg na die plek van sy uiteindelike inhegtenisname. Dit was slegs ure van sy teregstelling af en Hy het dit geweet. Te midde van die spanning van hierdie oomblik en met die verskriklike skeiding van sy Vader op sy gemoed, was ons op sy hart. Hy het begin bid dat ons verenig moet wees — een met mekaar, een met Hom, een met God, net soos Hy een met God is. Wag, wat? Ja.


Jesus, die Seun van God, wat op die punt was om sy lewe te gee omdat sy Vader Hom gevra het, vra sy Vader in een van sy laaste versoeke om met ons in dieselfde verhouding te tree as wat Hulle so intiem gedeel het? Jesus het ons ook gevra om in daardie verhouding met mekaar, met God die Vader, die Heilige Gees en met Hom te wees. Hoekom? Om aan die goddelose wêreld te bewys dat Jesus dit kom red het omdat God die wêreld so liefhet soos Hy ons liefhet, en net soos die Vader vir Jesus liefhet.


In kleingroepe van Christus-volgelinge is waar hierdie eensgesindheid die maklikste kan groei. As ons saam bid, word ons een stem wat tot God gerig is. As ons saam dien, is ons een uitgestrekte hand. As ons saam aanbid, sing ons as een stem lofprysing tot God. Ons groei in eensgesindheid met mekaar, maar ook met God. Wanneer dit gebeur, word die goddelose wêreld 'n bietjie voller van God.


Besin: Dink aan die oordadige manier waarop Jesus jou liefhet. As die leier van 'n kleingroep, het jy die taak om mense te lei om hierdie liefde saam te ervaar. Jy is die verteenwoordiger van Jesus se gebed. Hoe kan jou groep nader aan mekaar groei? Aan Jesus? Aan die Heilige Gees? Aan God? Hoe kan jy jou groep lei om 'n bewys van God se liefde aan 'n goddelose wêreld te word?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Small Groups, Huge Growth

Kerke noem hulle kleingroepe, selgroepe en LifeGroups. Nieteenstaande die name, hulle bestaan om betekenisvolle verhoudinge tussen Christus-volgelinge te skep. Maar hoekom? Is dit die mense met wie ons die gemaklikste in...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid