Leesplan inligting

Verstaan Jou Hoekom: Vind En Vervul Jou Roeping Voorbeeld

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

DAG 7 VAN 7

Geroep om te Aanbid


Ware aanbidding vier ons roepings. Ons word ingetrek in die grootste voorreg vir 'n mens: om die lewende God te aanbid. Die Openbaring eindig met die uitnodiging: "En elkeen wat dors het, moet kom; elkeen wat die water van die lewe wil hê, moet dit kom kry, verniet!" (Die Openbaring 22:17b). Dit is wat ons onderhou, verfris, voed en versterk — hierdie water van die lewe, die enigste ware wondermiddel wat vir ons 'n ewige lewe van aanbidding sal gee.


Om te aanbid is die belangrikste ding wat ek op hierdie aarde kan doen. Die kragtige openingsin in die Bybel — "In die begin het God ... " (Genesis 1:1) — vang die beginpunt van alle aanbidding vas. Dit was sy inisiatief. Ek sou Hom nie kon aanbid indien Hy nie daardie behoefte in my hart geplaas het deur sy Seun toe te laat om my lewe te verander nie. Dit is 'n basiese grondbeginsel van my lewe dat vertroue in Jesus Christus alles verander. Die opwindende deel is dat aanbidding, deur hierdie buitengewone tweerigtingstraat van ontmoeting, die manier is waarop ons met God self kan kommunikeer. Watter groter roeping kan daar vir ons lewens wees?


Die grootste waarheid is egter dat ons Hom kan aanbid waar ons ook al is. Ons hoef nie na 'n spesiale plek toe te gaan nie. Die Samaritaanse vrou wat vir Jesus by die fontein ontmoet het (Johannes 4), het gehoor dat gelowiges nie meer nodig sal hê om by 'n spesifieke plek — Jerusalem — op 'n spesifieke manier of op 'n spesifieke tyd te aanbid nie. In plaas daarvan sal ons "deur die Gees en in waarheid aanbid" (vers 24). 'n Hele nuwe wêreld het oopgegaan. Ons word in staat gestel deur die Gees om God enige tyd en op enige plek, selfs by die werk, te ontmoet.


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om God se roeping in jou lewe aan te gryp. Vind en vervul jou roeping terwyl jy jou identiteit bevestig as iemand wat deur God geken word, vir wie Hy lief is en geroep het. Uittreksels...

More

Baie dankie aan Ken Costa, Harper Collins en Thomas Nelson Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://knowyourwhybook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid