Leesplan inligting

Verstaan Jou Hoekom: Vind En Vervul Jou Roeping Voorbeeld

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

DAG 1 VAN 7

Geroep tot Passie


Dikwels, wanneer mense oor roeping praat, wil hulle die menslike selfstandigheid uit die vergelyking uithaal. Hulle dink dat ons begeertes, ons bekommernisse, ons passies en talente nie ter sake is nie. Die feit dat ons liefdevolle Vader ons geroep het, behoort egter nie ons vryheid van keuse nietig te verklaar nie.


Om ons passies te vind — beantwoording van die vraag: "Wat wil jy hê?" — is belangrik om ons roeping te vind. Daardie vraag word selde maklik beantwoord. Vir die meeste van ons is dit 'n diepgaande, sielkundige proses om uit te vind wat ons werklik wil hê: 'n ontdekkingsreis wat tyd neem om af te lê en wat ons in verskillende rigtings, op verskillende stadia in ons lewens kan lei.


Met die dissipels was dit ook so. Hulle het nie geweet wat hulle wou hê nie — net dat hulle na iets op soek was. Toe Jesus vir hulle vra: "Wat soek julle?" het hulle nie geweet hoe om te antwoord nie. Hulle het egter die vraag met 'n teenvraag ontduik: "Waar gaan U tuis?" (Johannes 1:38).


Die gevolgtrekking wat uit die dissipels se vraag gemaak kan word, is duidelik: "Ons ken nie die antwoord op U vraag nie. Ons is nie seker waarna ons soek nie. Ons weet nie waarheen ons op pad is nie. Ons weet egter dat ons tyd saam met U wil deurbring; ons wil by U bly om meer van U te leer. Sou U werklik wees wie Johannes sê U is, sal U ons waarskynlik kan wys waarna ons regtig soek."


Jesus se eenvoudige reaksie teenoor die dissipels was ook erkenning vir hul ongesproke vrae. Die woorde: "Kom saam, dan sal julle sien", het beteken: "Kom vind uit watter planne Ek vir julle het; die roepings en die passies wat Ek vir julle sal gee." Dis presies wat die dissipels toe gedoen het. Hulle het die huis soekende binnegegaan — maar as uitgesoektes verlaat.


Dit was omdat Jesus hulle uitgesoek en geroep het. Hulle het hul soeke na die waarheid prysgegee en nuwe roepings en nuwe identiteite aanvaar; nie omdat hulle al die antwoorde gehad het nie, maar omdat hulle die Een wat dit het, gevind het. Hulle het nie 'n nuwe godsdienstige projek of nuwe program gevind nie, maar 'n Persoon. Hy het aan hulle erkenning gegee en dit het hul lewens verander.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om God se roeping in jou lewe aan te gryp. Vind en vervul jou roeping terwyl jy jou identiteit bevestig as iemand wat deur God geken word, vir wie Hy lief is en geroep het. Uittreksels...

More

Baie dankie aan Ken Costa, Harper Collins en Thomas Nelson Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://knowyourwhybook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid