Leesplan inligting

Verstaan Jou Hoekom: Vind En Vervul Jou Roeping Voorbeeld

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

DAG 3 VAN 7

Geroep om te Wag


In 'n wêreld wat vinnig verander, ervaar ons almal nuwe tydperke in ons lewens, sommige wat ons kies en ander wat op ons afgedwing word: een lewensfase eindig sodat 'n ander een kan begin; nuwe beroepsuitdagings lei tot nuwe werk; nuwe geleenthede verander die manier waarop ons lewe.


Gedurende hierdie tye is ons geneig om te glo dat niks goeds uit die wagperiode, wat ons ervaar, kan kom nie. Dit is egter die waardevolste tye van ons lewens in Christus: wanneer Hy nader aan ons beweeg en met ons werk om sodoende ons wil in pas met sy doel te bring. Hierdie tydperk stel ons in staat om te reageer op sy oproep tot die volgende fase van ons lewens. Dit is 'n opwindende tyd indien ons die regte gesindheid het en indien ons die uitdagings van hierdie tydperk aangryp eerder as om dit teen te staan.


Nader tot God


God gebruik ons wagperiodes om ons nader aan Hom, onsself en ons geliefdes te bring. Soveel mense het my al vertel dat hulle gedurende tye van onsekerheid, nie net nader aan God beweeg het nie, maar ook aan huweliksmaats en ander geliefdes. In die stryd om ons aandag moet God ons soms deur periodes van beproewing laat gaan sodat ons ons ore kan instel op sy stem en sy rigtingaanwysers kan herken.


In 'n waansinnige wêreld druk ons God in ons besige lewens in, en ons probeer Hom dwing om by ons roetines in te pas. Dit werk nooit nie. 'n Wagperiode is 'n tydperk waarin ons moet besef dat ons in 'n wêreld van verwagtinge en kits antwoorde ingedryf het. Dit is nie die regte wêreld nie. Dikwels is dit God se manier om 'n roeping in ons op te wek, maar laat ons dan toe om te besef dat sy grootste begeerte is om nader aan ons te beweeg.


In die boek Jesaja word koning Hiskia siek en ontvang dan die tyding, deur die profeet Amos, dat hy gaan sterf. Die koning het na God geroep om verlossing en na 'n kort wagtydperk, het God vir Jesaja gestuur om hom in te lig dat hy sal leef. Natuurlik was die koning baie verlig! Nog voor hy genees is, het koning Hiskia egter al begin om lofliedere te sing om die Here te vereer.


Tydens die donkerte van sy onsekerheid het Hiskia gevind dat hy nader aan God beweeg — in staat daartoe om opnuut die genade en liefde van sy Verlosser te waardeer.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om God se roeping in jou lewe aan te gryp. Vind en vervul jou roeping terwyl jy jou identiteit bevestig as iemand wat deur God geken word, vir wie Hy lief is en geroep het. Uittreksels...

More

Baie dankie aan Ken Costa, Harper Collins en Thomas Nelson Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://knowyourwhybook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid