Leesplan inligting

Verstaan Jou Hoekom: Vind En Vervul Jou Roeping Voorbeeld

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

DAG 2 VAN 7

Neem God se Perspektief Aan


Een van die grootste probleme wat die Christendom vandag in die gesig staar, is die weiering om te glo dat God werklik vir elkeen van ons se toekoms omgee; dat God oor ons daaglikse lewens omgee of planne vir ons het, buiten 'n besonderse, godsdienstige roeping. Ons is dikwels heel gediend met die idee dat Hy ander mense roep, maar daar kan groot onsekerheid by ons wees of God ons werklik sal kan gebruik. Wanneer dit gaan oor my roeping en my toekoms, vrees ons dat God ons vergeet het.


Ons kan ons maklik voorstel dat politici, onderwysers, liefdadigheidswerkers en dokters baie gerus kan wees met die idee dat hulle werk 'n verpersoonliking van hulle Christelike roeping is. Wat egter van diegene wat nie kanker kan genees nie, nie liefdadigheidshulp kan verskaf nie of van 'n verhoog af evangeliseer nie? Hoe kan hulle 'n roeping sien wat uniek vir hulle is?


Die antwoord lê gedeeltelik daarin om ons werk deur God se oë te probeer sien, eerder as deur die oë van die wêreld. Die wêreld is prakties in sy oordele en standaarde. Hoe meer ons voor die hand liggende goed doen en hoe meer ons mense positief beïnvloed, hoe meer sal die wêreld ons pogings as die moeite werd beskou. Dit is egter nie God se perspektief nie.


Selfs ons beste werke sal uiteindelik deur die wêreld vergeet word. Al ons pogings sal soos stof in die aangesig van God se ewige heerlikheid verdwyn. Daar is pragtige eenvoud in Jesaja 40:8: "Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig." Wanneer dit by die waardigheid van ons roepings kom, moet ons 'n Goddelike perspektief aanneem en onthou dat God se standaarde nie soos die wêreld s'n is nie.


Sommige mense word geroep om groot werke te doen — om lande te regeer, direkte pogings tot noodleniging uit te voer, of om miljoene te evangeliseer. Sommige mense word egter geroep om geringe dienste te verrig — koffie met 'n glimlag te skink, die strate te vee, 'n koek vir hul bure te bak. God kyk egter nie na hierdie dinge en sien dit as onbelangrik nie. Vir Hom is hulle pragtige uitstortings van sy Gees.


'n Roeping om God in die werksplek te dien, kan dalk wees om 'n mislukte maatskappy te red. Dalk is dit om 'n goeie en getroue vriend vir 'n medewerker te wees wat deur 'n moeilike tyd gaan. Alhoewel die wêreld die een as belangriker as die ander kan beskou, doen God dit nie.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Know Your Why: Finding and Fulfilling Your Calling

Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om God se roeping in jou lewe aan te gryp. Vind en vervul jou roeping terwyl jy jou identiteit bevestig as iemand wat deur God geken word, vir wie Hy lief is en geroep het. Uittreksels...

More

Baie dankie aan Ken Costa, Harper Collins en Thomas Nelson Uitgewers wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://knowyourwhybook.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid