Leesplan inligting

Op Jesus Se HakkeVoorbeeld

Op Jesus Se Hakke

DAG 2 VAN 8

Dissipelskap is vir almal


Vandag is baie van ons besig met ’n speletjie waar daar net verloorders is. Die vergelyk-speletjie. Almal speel hom voluit, elke dag, ten opsigte van jou geld, jou besittings, jou voorkoms, jou beroep. Jy is die hele tyd besig om jou opwaarts te vergelyk en jou opwaarts te weeg teen ander mense. En ons is die hele tyd besig om te verloor in hierdie vergelyk-speletjie.


Ongelukkig pas ons dit ook toe op ons dissipelskapreis. Ons moet egter besef: Om agter Jesus aan te loop, is vir alle mense. Ongeag jou ouderdom, jou geslag, jou ekonomiese toestand of jou posisie in die samelewing. Selfs jou geestelike opleiding of jou geestelike standaard ... Hou op. Dis wat ek vandag vir jou wil sê. Hou op met die vergelyk-speletjie – en spesifiek ook as dit daarby kom om Jesus te volg.


In die Bybel sien ons God het soveel verskillende mense gebruik. As ons kyk na Jesus se dissipels: Lukas was ’n dokter. Matteus was ’n tollenaar. Dan was daar Johannes en Petrus wat gekom het uit wat ons vandag die landbousektor sal noem: vissermanne. 


Timoteus was ’n jong man in die omgewing van 20 of 21 jaar jonk. Daniël en sy vriende: Hulle was min of meer 15 jaar jonk. Nou kan ek oorgaan na die ander uiterste toe. Wat van Moses en Aäron? Van watter ouderdom praat ons nou? Ons praat van 80 en ons praat van 83 jaar oud. 


En wat van vroue, wonder jy dalk. Dink aan Rut. Dink aan Naomi, dink aan Ester. Daar is soveel Bybelse voorbeelde van mans, vroue, jongmense en volwassenes. Dít is dissipelskap. Mense uit al die range van die samelewing, gewone mense soos ek en jy. 


Ons lees soveel keer in die Bybel van verskonings. Moses het gesê: “Here, ek kan nie goed praat nie.” Gideon het gesê: “Ek is onbelangrik.” Ek en jy het ook dikwels verskonings: “Here, ek is nie goed genoeg nie. Here, ek is nie oud genoeg nie. Here, ek is ’n man. Here, ek is ’n vrou.” Soveel verskonings om nie deel te neem aan hierdie wonderlike groot opdrag waarvoor die Here ons roep nie; naamlik om op die hakke van Jesus te loop, om op die hakke van Jesus te volg. 


Wat is jou verskoning? Te arm, te ryk? Manlik, vroulik? Te oud, te jonk? Paulus sê in 2 Timoteus 2:3-6 dat alles gaan oor toewyding. Meld aan vir diens, en die Here kan jou gebruik. Dissipelskap, om op die hakke van Jesus te volg, is vir gewone mense, dis vir almal.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Op Jesus Se Hakke

Om Jesus se volgelinge te wees in ’n stukkende wêreld is beslis nie kinderspeletjies nie. Maar dit is elke kind van God se roeping; daarom belowe Hy om elke stap van die pad saam met ons te wees wanneer ons onsself toewy...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.rightnowmedia.org/promo/op-jesus-se-hakke

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid