Leesplan inligting

Op Jesus Se HakkeVoorbeeld

Op Jesus Se Hakke

DAG 1 VAN 8

Ek dra Jesus se kruis, want sy kruis dra my


Jesus het die kruis gekies. Dit was beslis ’n skok vir sy dissipels dat Hy die kruis gekies het as voorbeeld van wat dissipelskap is. 


In Markus 8:34 sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg.” Dit het die dissipels geskok. Kruisigings was walglik, dit was skokkend en grusaam! Dit was ’n orgie van bloed en sadisme. En nou kom die Here Jesus en sê: “As jy My wil volg, tel op jou kruis.” Ek kan jou waarborg dat die dissipels vir ’n oomblik rem getrap het. Hulle kon dit nie glo nie. Nog nooit vantevore het enige filosoof, godsdienstige of rabbi hierdie woord gebruik as ’n simbool vir navolging nie.


In ons tyd het baie mense die kruis so lig soos ’n veertjie, soos ’n ornament gemaak. Dit kos ons niks en ons voel dit nie eens nie. Maar Jesus sê in Markus 8:35: “Jy gaan jou lewe verloor.” En dit is presies wat die kruis is: Die plek van lewensverlies. Dietrich Bonhoeffer het gesê: “Wanneer Jesus ons roep om te volg, roep Hy ons om te kom sterf. Om alles te verloor.” En dis wat Jesus sê. Ons almal gaan sterf, maar Jesus sê: “Sterf vir My. Lê jou lewe nou af. Wees nou reeds iemand wat jou lewe verloor het.” Hy sê ook in Lukas 14:28-33 ons moet eerstens die koste bereken. Ons kan nie net ligweg, lukraak, ligvoets agter Jesus aandrentel nie. Dit kos jou. Dit kos Hom sy lewe en dit gaan jou álles kos.


Al die groot gelowiges en Christen-leiers wat deur die eeue die evangelie met krag uitgedra het, was “gekruisigdes”. Hulle het Jesus op sy terme gevolg en ten spyte van wat dit hulle gekos het. Want die kruis gaan oor die navolging van Jesus; die dra van die kruis. Dan kan ons sê: “Ek dra die kruis van Jesus en sy kruis dra my.” Ek dra Jesus se kruis, en sy skouers is breed genoeg om my lewe te dra. En Hy roep my om alles te verloor, sodat ek alles kan wen


Jesus roep ons om te sterf sodat ons waaragtig kan lewe. Hy roep ons om alles prys te gee sodat ons alles kan wen. 




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Op Jesus Se Hakke

Om Jesus se volgelinge te wees in ’n stukkende wêreld is beslis nie kinderspeletjies nie. Maar dit is elke kind van God se roeping; daarom belowe Hy om elke stap van die pad saam met ons te wees wanneer ons onsself toewy...

More

Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.rightnowmedia.org/promo/op-jesus-se-hakke

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid