Leesplan inligting

'n Beter WegVoorbeeld

A Better Way

DAG 5 VAN 7

Onverdeelde Aandag



Ons het almal al so iets ervaar: jy besoek 'n goeie vriend om 'n probleem wat jy ondervind te bespreek of raad te vra. Jou vriend knik net, maar hou aan afkyk na sy selfoon — sodat jy aflei dat jou vriend se aandag elders is — beslis nie by jou nie. 



Dit is 'n frustrerende situasie, of hoe? Kom ons wees eerlik. Ons was al self skuldig daaraan. Selfs met die beste voornemens is dit soms moeilik om ons volle aandag aan ander te gee. 



Ons doen dit ook wanneer ons bid. Ons maak gereed om te bid en skielik is ons gedagtes by ander dinge, ons kan nie eens onthou hoe ons daarby uitgekom het nie. 



Kan jy jou daarmee vereenselwig?  



Gelukkig bring Jesus vir ons 'n beter weg. Jesus was gereeld onderbreek, maar sy aandag was nooit verdeeld nie. 



Hoe kan beide hierdie stellings waar wees? Hoe kon Hy onderbrekings toegelaat het sonder dat sy aandag verdeel is?  



Jesus het nie toegelaat dat korttermyn doelwitte Hom daarvan weerhou om sy langtermyn missie uit die oog te verloor nie. 



Hoe anders sou ons Jesus nie gesien het as Hy altyd haastig was en almal uit sy pad gestoot het nie? Kyk byvoorbeeld na die geval in Markus 8. Toe mense vir Jesus kom smeek het om 'n blinde man te genees, kon Hy antwoord: "Jammer, maar Ek moet na Sesarea-Filippi toe gaan, want Ek moet baie belangrike werk vir God daar gaan doen."



Jy sou gefrustreerd en besorg gewees het, of hoe? Jy sou gewonder het hoekom Jesus sy werk vir God as 'n verskoning gebruik het en so 'n geleentheid misloop om die liefde van God te bewys. 



Dit is hoekom Jesus se antwoord so merkwaardig was. Wat werklik in Markus 8 gebeur het, was 'n mooi oomblik waarin Jesus sy onverdeelde aandag aan die blinde man gegee het. 



Trouens, Hy lei die man weg van die skare af en sit sy hande op hom, Hy genees hom — twee keer. Jesus het tyd afgestaan, nie net om die man se fisieke probleem te genees nie, maar ook om aan sy geestelike welstand aandag te gee. 



Dit was nie 'n nuwe ervaring vir Jesus nie. Sy bediening is voortdurend onderbreek, maar tog het Hy elke keer in genade, barmhartigheid, waarheid en liefde opgetree. 



Wat van ons? 



Wanneer jy iemand in nood sien, haas jy jou verby na jou volgende verantwoordelikheid wat wag? Wanneer jy met 'n vriend of 'n geliefde praat, gee jy jou volle aandag of gaan jy voort om deur jou selfoon te blaai? 



Om Jesus te volg, beteken om in sy weë te wandel. Kom ons word mense wat vir ander onverdeelde aandag gee, in die wete dat ons dan meer soos Christus word.



Bid: Vader, ek besef dat ek sukkel om my onverdeelde aandag aan U en ander te gee. Dankie dat U my altyd u aandag gee en dat U my geduldig en voortdurend liefhet. Help my om in die week op hande dieselfde liefde te betoon aan elkeen wat my pad kruis. Help my ook om onderbrekings te beskou as 'n geleentheid om u liefde aan ander te bewys. In die Naam van Jesus. Amen. 



Toepassing: Gee vandag aan iemand die geskenk van jou teenwoordigheid. Sit gereeld en doelbewus jou selfoon neer om na God en ander te luister.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

A Better Way

Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van inee...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid