Leesplan inligting

'n Beter WegVoorbeeld

A Better Way

DAG 6 VAN 7

Onafgebroke Medelye



Voel jy soms afgestomp oor die nood van ander, of moontlik dat jy nie die kapasiteit het om om te gee oor die voortdurende slegte nuus nie? 



Met ons voltydse verbinding met nuus, is dit geen wonder dat ons vlakke van meegevoel afneem nie. Die onverskilligheid laat ons leeg voel. 



Daar moet 'n beter weg wees om te lewe. 



Die laaste vers in 1 Korintiërs 12 lig dit vir ons uit: 



"Lê julle toe op die beste genadegawes" 1 Korintiërs 12:31. 


Paulus gaan hierna onmiddellik voort met wat bekend staan as die liefdeshoofstuk in die Bybel. Dit word dikwels voorgelees by troues en mense weef dit gereeld in hul troubeloftes om die liefde waarna hul strewe te beskryf.



Dit begin met 'n oorweldigende oproep tot liefde en medelye: 



"Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword" 1 Korintiërs 13:1. 


Sonder liefde is ons niks nie. Dit is die rede waarom Jesus se antwoord op die vraag oor die twee grootste gebooie was, om God lief te hê en jou naaste lief te hê soos jouself. 



Hierna vertel Jesus 'n verhaal wat liefde en medelye uitbeeld en waarvoor ons geroep is om ook te doen. Ons noem dit die gelykenis van die barmhartige Samaritaan. In die verhaaltjie, sien ons 'n erg beseerde man langs die pad. 'n Priester asook 'n Leviet gaan by hom verby. 



Tog het die Samaritaan wat verag word, aan die man medelye betoon. Hy versorg sy wonde, neem hom na 'n herberg en bied aan om vir sy versorging te betaal. Sy medelye lei hom tot optrede en opoffering. 



Wat interessant is, is wat die Samaritaan nie doen nie. Hy vra geen vrae en maak geen gevolgtrekkings nie. Hy begin bloot deur medelye te betoon. Hy het nie die man langs die pad sien lê en gewonder: "Wat het die man gedoen om dit te verdien?" Hy het hom nie veroordeel nie. Hy het net vir hom sorg gebied. 



Ons sien hierdie voorbeeld met Jesus se optrede in Johannes 8, toe godsdiensleiers Jesus se mening gevra het oor die vrou wat in egbreek gevang is. Volgens die wet moes sy gestenig word, maar Jesus het 'n geleentheid gesien om liefde aan haar te bewys. 



Hy het voorgestel dat diegene wat sonder sonde is die eerste klip gooi, totdat net Hy — die Een wat nooit gesondig het nie — alleen oorgebly het. Hy ontmoet haar van aangesig-tot-aangesig sonder veroordeling, maar met 'n uitnodiging om haar sondige lewe te laat vaar en sy beter weg na te streef. 



Ons roeping is om met dieselfde medelye te leef. Dit is nie ons plig om te oordeel nie. Ons word eerder geroep om verbintenisse te maak. 



Bid: Here, ek besef dat ek vir die pyn van ander afgestomp geraak het. Help my om daardie gemak te verwerp en eerder medelye te kies. Laat my hart breek vir die dinge wat u hart breek. Wys my hoe om met ander 'n te verbintenis te maak. In die Naam van Jesus. Amen. 



Toepassing: Dink na oor 'n manier hoe jy vandag aan iemand medelye kan bewys. Gaan doen dit. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

A Better Way

Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van inee...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid