Leesplan inligting

'n Beter WegVoorbeeld

A Better Way

DAG 1 VAN 7

'n Beter Weg



Het jy al ooit gevoel dat jy al die regte dinge doen, maar die uitkomstes is altyd verkeerd? Dalk lees jy die Bybel, bring tyd in gebed deur en dien ander, maar jy is steeds ver van God af. Dalk is jy gehoorsaam aan God, maar dit voel of jou lewe uitmekaar val. 



Laat die spanning jou angstig, gefrustreerd en gegriefd voel? 



Ons almal was al daar. Jou geestelike intimiteit raak slegs 'n verre herinnering, en jy is onseker wat om te doen of waarheen om jou te wend. 



Wat doen jy as die werk wat jy vir God probeer doen, juis die werk wat God in jou probeer doen vernietig?  



Het die vraag 'n teer punt geraak? Jy is nie alleen nie — daar is hoop vir 'n beter weg.  



Jou geloof is nie veronderstel om jou geestelike taaklys te wees wat as beloning vir jou by God punte wen vir 'n taak wel gedaan nie. Dit is maklik om die "werk" vir Jesus met die "weg" van Jesus te verwar. Daar is egter 'n onderskeid wat ons moet onthou. 



Jy is nie God se werknemer nie. Jy is sy kind. Omdat jy sy kind is, wil Hy eerder hê jou hart moet vol wees as jou hande. 



As jy dus verlore, moeg en leeg voel, is daar goeie nuus vir jou. Jesus het nie net gekom om God se wil in vervulling te bring nie, maar ook om aan ons die weg te wys.  



Vroeë volgelinge van Jesus het na die Christendom verwys as "Die Weg", want om Jesus te ken is om te weet hoe om te lewe en waarheen om te gaan. Kyk net wat Jesus oor Homself gesê het:



"… Ek is die weg en die waarheid en die lewe ...” Johannes 14:6.


Die outeur van Hebreërs beskryf dit so:


"Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het,laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water" Hebreërs 10:19-22.


Jesus is ons beter weg. Deur sy lewe, dood en opstanding, het Hy die pad vir ons gebaan — een waarop ons nie hoef te streef na God se toestemming of aandag nie. Inteendeel, Hy het vir ons volle toegang tot die Vader gegee — toegang wat vrede, vryheid en rus bring. 



As jy ver van God af voel, weet nogtans dat Hy nie ver van jou af is nie. Hy is by jou teenwoordig en Hy is nader aan jou as wat jy dink. Roep uit tot Hom. Gee vir Hom jou pyn, jou frustrasie en jou onvervulde verwagtinge in die wete dat Hy omgee, Hy sien jou en Hy wil jou die weg wys.  



Oor die volgende paar dae, gesels ons waarom, deur Jesus te volg, jou 'n beter weg bied om deur die lewe te gaan — nie 'n makliker weg nie, maar 'n beter weg — en ons sal van geestelike gewoontes leer wat ons elke dag kan beoefen. 



Bid: Vader, ek voel die afgelope tyd ver van U af. Ek weet egter dat U by my is, en dat U vir my omgee. Vandag bring ek al my frustrasies, my onsekerheid, my pyn, my verwyte na U toe. Ek vra dat U my met u teenwoordigheid, u vrede, u doel en u passie sal vul. In die Naam van Jesus. Amen. 



Toepassing: Wees hierdie week eerlik met God. Wanneer jy kwaad, leeg en gegriefd voel, vertel dit vir Hom. Hy kan jou seer hanteer, Hy wil eerder hê dat jy met Hom eerlik moet wees as om van Hom af weg te stap.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

A Better Way

Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van inee...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid