Leesplan inligting

'n Beter WegVoorbeeld

A Better Way

DAG 4 VAN 7

Ongehinderde Strewe tot Sy Missie



Voel jy ooit hoe jy deur die voortdurende eise in jou lewe in miljoen verskillende rigtings getrek word? Soms voel dit of ons meer verantwoordelikhede het as waarvoor ons tyd het. Dit laat ons dan uitgeput en rusteloos voel.



Wat as daar egter 'n beter weg is? 



Jesus was ononderbroke op sy missie gefokus: "Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is" (Lukas 19:10), maar Hy was nooit haastig, oorweldig of afgetrokke nie. As ons dus geroep is om Jesus te volg, moet ons lewens ook sy prioriteite en sy pas weerspieël. 



Ons leer baie in die tweede hoofstuk van Markus uit die wyse waarop Jesus sy missie nagestreef het. Dit beskryf die tempo hoe Jesus gelewe het — Hy was nooit haastig nie, maar het gestap totdat Hy 'n berugte belastinggaarder, Levi, raakgeloop het. 



Die meeste mense sou Levi oor sy werk verwerp en verag het. Dis waarskynlik dat hy mense met hulle geld verkul het en is dus beskou as "korrup". Jesus het egter 'n ander benadering gehad.  



Jesus het Levi genooi om Hom te volg. Hulle het na Levi se huis gestap, waar Jesus saam met vele ander bekende sondaars en belastinggaarders geëet het. Dit het die Fariseërs — die geestelike leiers van die dag — woedend gemaak. 



Hulle kon nie verstaan hoekom Jesus saam met sondaars eet nie — en Jesus het eenvoudig geantwoord:  



“Die wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars” (Markus 2:17).


Jesus was duidelik waarvoor Hy gekom het en waarvoor nie. Jesus het nie gekom om die geestelike leiers tevrede te stel nie. Hy het gekom om diegene te genees wat hartseer, verlore en gebroke was. 



Wat kan ons van Hom leer in hierdie kort gedeelte?  




  1. Jesus het gekom om die verlorenes te soek en te red. As ons Jesus volg, is ons geroepe om te doen wat Hy gedoen het, deur diegene lief te hê wat Hy liefgehad het. Die vraag is — maak ons tyd om die verlorenes te soek? Indien nie, hoe kan ons begin om dit 'n prioriteit te maak?  

  2. Jesus was nooit haastig nie. Neem kennis dat Jesus gestap het toe Hy Levi geroep het. Hy het nie gehardloop nie. Hy was nie haastig nie. Hy het gestap. As ons dus vir Jesus wil volg, moet ons tempo by Syne aanpas. As jy aan jou eie lewe dink, sou jy jou lewe as gejaagd of rustig beskryf? Hoe kan jy rustiger word om werklik in Jesus se voetspore te volg?  

  3. Jesus het nie toegelaat dat ander se menings sy gehoorsaamheid versteur nie. Toe die Fariseërs hom gekritiseer het, het hy nie verdedigend geantwoord of kwaad geword nie. Hy was duidelik, maar ferm hoekom Hy gekom het. Hy het getrou aan sy missie gebly ten spyte van ander mense se vrae. Kom ons dink na oor die volgende: laat ons toe dat ander se menings belangriker word as ons gehoorsaamheid aan God?  

  4. Jesus het vir mense tyd gehad en het vir hulle plek aan sy tafel ingeruim. Ons sien hoe Jesus gedurende sy bediening mense onderrig het en by verskeie mense geëet het. Om met ander in gemeenskap te wees, was vir Hom 'n prioriteit. Wat van ons? Of het ons toegelaat dat ons onafhanklikheid belangriker word as om te dien?  


Ons hoef nie in voortdurende spanning te leef of oorweldig te voel nie. Ons kan kies — net soos Jesus — om in 'n ongehinderde strewe tot sy missie lewe. Ons kan ontslae raak van alle afleidings en ons tyd eerder wy aan dade en optrede wat dit vir ons moontlik maak om God en ander lief te hê. 



Bid: Vader, help my om die dinge te prioritiseer waarop U klem gelê het. Verwyder alle afleidings wat 'n las word en my weerhou van dit wat regtig saak maak. Wys my hoe om 'n lewe te lei van ongehinderde strewe tot u missie. In die Naam van Jesus. Amen. 



Toepassing: Dink aan maniere hoe jy ander hierdie week kan dien. Gaan dan en doen dit! 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

A Better Way

Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van inee...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid