Leesplan inligting

Goeie RaadVoorbeeld

Good Advice

DAG 5 VAN 6

Hoe om Gelukkig te Wees



Gee voor dat jy kinders het (miskien het jy), maar skielik het jy geen manier om met hulle te kommunikeer nie, nie verbaal of anders nie. Indien hulle jou lewe as 'n voorbeeld het, wat sou hulle daarvan aflei verg dit om gelukkig te wees? Die regte beroep, huis, naweek-aktiwiteite, gedrag, grade, jeugsport-aktiwiteite, klere, kos, vriende, vermaak, kerk? Sal hulle na jou lewe kyk en besef soos die apostel Paulus, dat godsaligheid met tevredenheid op sigself goed genoeg is? Ons het nie almal kinders nie, maar ons almal stuur aan God boodskappe oor wat ons dink nodig is om gelukkig te wees. Hier is slegte raad: wys aan ander met jou lewe dat Hy nie genoeg is nie. Hier is egter goeie raad:



  1. Maak dankbaarheid belangrik. Gee sterstatus aan dankbaarheid in jou lewe en in die lewens wat jy beïnvloed. Sê dit. Bid dit. Snap dit. Deel dit. Hou daarvan. Dank God onophoudelik. Dank mense ook, meer as wat jy dink jy behoort. Besef wat jy het, en dank God weer. Raak verslaaf daaraan om God te prys vir sy goedheid, want dankbaarheid verander wat ons het, in genoeg.

  2. Hou op om te vergelyk. Om jouself met ander te vergelyk help jou omtrent soveel as wat 'n klitser jou klere sal was. Dit is nodeloos. Dit sal jou en ander beperk. Dit sal jou prioriteite deurmekaar maak. Niemand was tog hul vuil wasgoed in die openbaar nie. Indien jy nodig het om te vergelyk, vergelyk jouself met Christus en jy sal genees word.

  3. Soek na werklike skatte. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. Dit is 'n goeie outydse lied, Skrifgedeelte en die waarheid. Dit maak nie saak wat die skat is nie, jou hele lewe is 'n skattejag. Watter skat is jou hart besig om te jag? Respek by die werk? Jou droomhuis? Perfekte punte, perfekte kinders, 'n perfekte liggaam, of 'n perfekte afspraak? Of, om God lief te hê met jou hele hart en jou naaste soos jouself?

  4. Besef hoe jy gered is. Jy het dit nie verdien nie. Jy kan nie daarvoor werk nie. Jy verdien die teenoorgestelde. Jy het alles gedoen om redding te verloor. Jy is nog steeds nie goed genoeg om dit te ontvang nie. Tog het jy lewe en genade en nog baie meer, te danke aan Jesus.

Gebed: Jesus, dankie. Dankie vir genade. Dankie dat U my vandag wakker gemaak het. Dankie vir u nabyheid. Dankie dat U u lewe opgeoffer het vir myne. Sjoe. Dankie.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Good Advice

Verslawing, egskeiding, ontevredenheid en geestelike leegheid. Hoe beland ons in hierdie chaos? Dit is asof ons op een of ander manier slegte raad volg. Hierdie Life.Church leesplan is vir mense wat ontslae wil raak van ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid