Leesplan inligting

Goeie RaadVoorbeeld

Good Advice

DAG 2 VAN 6

Hoe om nader aan God te kom


Niemand dink, “Weet jy wat? My lewe is die afgelope tyd so vol van passie en vreugde. Ek moet regtig 'n manier vind my myself van hierdie ‘God’-karakter” te distansieer. Ons almal kom agter dat ons tyd met Hom verwaarloos, ons kuier by mense wat ons afbreek, beland in versoekings wat ons ver van God laat voel, plaas ons eie begeertes eerste, en probeer om 'n half-dooie geloof na te volg. Indien iemand ons sou vertel om hierdie dinge te doen, sou ons sê: “Gaan weg, jou dwase mens! Dit is slegte raad.”



Hier is vyf punte met goeie raad hoe om nader aan God te kom.



  1. Gee jou tyd aan Hom. Dit is reg. Kwaliteittyd is een van God se liefdestale — Hy hou daarvan. 'n Ekstra voordeel om naby ons Skepper van die heelal, Redder van die mensdom, en Skrywer van jou geloof te wees, is dat dit geneig is om van jou 'n beter mens te maak. Lees dus sy Woord (die Bybel), antwoord daarop (gebed), en geniet Hom sommer net (aanbidding).

  2. Beweeg tussen goeie mense. As mense, is ons geneig om van die dinge te hou waarvan ons vriende hou, dinge te doen wat ons vriende doen, en om weg te bly van die dinge wat ons vriende vermy. Om ook net enkele diep toegewyde mense in jou lewe by te voeg, kan jou help om besluite te begin neem wat jou verhouding met jou hemelse Vader versterk.

  3. Skakel soveel versoeking as moontlik uit. Worstel jy met alkoholisme? Moet nie eens een bottel in jou huis hou nie. Eet jy te veel? Vertel vir iemand naby aan jou en vra hulle om jou te herinner om gesond te eet. Is jy verslaaf aan pornografie? Teken in op elke advertensie of digitale aanspreeklikheid, en vir elke veilige soektog moontlik. Verstaan jy? Onthou, hierdie dinge gaan jou nie outomaties nader aan God bring nie, maar dit laat ruimte vir versoeking om te groei en dit verander in die dood.

  4. Wees bo alles lief vir God. Enigiets wat tevredenheid belowe sonder God in die prentjie is 'n afgod. Dit beteken nie dat jy nie stokperdjies, verhoudinge en ander dinge kan geniet nie. Dit beteken net dat jy dit nie moet geniet in God se plek nie. Om God bo alles lief te hê, beteken dat jy net uiteindelike tevredenheid kan kry deur jou verhouding met Hom te verdiep.

  5. Wees opreg. Partykeer sê ons die regte dinge, maar ons doen dit nie. Ons praat daaroor om ons buurman lief te hê soos onsself, maar het nog nie eens ons buurman ontmoet nie. Ons sing 'n aanbiddingslied tot God, maar lewe in aanbidding van onsself. Ons het almal al 'n hart ervaar wat verdeeld is tussen woorde en dade. Wanneer ons ons woorde met waarheid kombineer, geloof met werke, en denke met jou hart, is dan wanneer ons opregte navolgers van Christus word.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Good Advice

Verslawing, egskeiding, ontevredenheid en geestelike leegheid. Hoe beland ons in hierdie chaos? Dit is asof ons op een of ander manier slegte raad volg. Hierdie Life.Church leesplan is vir mense wat ontslae wil raak van ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid