Leesplan inligting

Goeie RaadVoorbeeld

Good Advice

DAG 1 VAN 6

Wil jy regtig slegte raad hê?



Wil jy van God af wegdryf? Maklik. Verwaarloos net tyd saam met Hom en wy te veel tyd aan ongure mense. Miskien wil jy eerder van iemand anders af wegdryf. Slegte huweliksraad is so maklik. Geniet net gemeenskaplike belangstellings en vorm 'n emosionele band met iemand anders as jou huweliksmaat. Of miskien voel jy dalk heeltemal te dankbaar vir jou lewe. Wees jaloers op God se goedheid in almal anders se lewens terwyl jy sy goedheid in jou eie lewe ignoreer. Is die raad nie sleg genoeg nie? Jy is te vry. 'n Verslawing sal dit genees. Doen net wat goed voel en moet nooit erken dat jy enige probleme het nie.



Ag nee! Skrap dit! Dit was die ergste paragraaf wat ooit in enige leesplan geskryf is. Dink daaroor na. Partykeer lewe ons asof ons daarna luister — of selfs daarna soek — daardie baie slegte soort raad. Craig Groeschel, ons pastoor by Life.Church, het sowaar 'n boodskapreeks gepreek wat hy genoem het: Slegte Raad, vir dieselfde rede waarom ons die vorige paragraaf ingesluit het. Wanneer jy dit alles hardop sê, dan sien jy hoe erg dit werklik is — die onuitgesproke raad wat so baie van ons per ongeluk volg. Oor die volgende ses dae sal ons na baie eenvoudige, maar goeie raad kyk wat die krag het om die slegte tot niet te maak.



Indien iemand slegs jou lewe as 'n voorbeeld het hoe om te lewe, watter dele van jou lewe sal goeie raad wees en watter dele sal slegte raad wees? Dit plaas alles in perspektief, nie waar nie? Jy is nie alleen nie. Selfs die apostel Paulus het erken dat hy die dinge doen wat hy weet hy nie moet doen nie. Moenie bekommerd wees nie — goeie raad is op pad.



Gebed: Vader, ek het nog nie alles uitgepluis nie. Daar is dinge wat ek doen wat ek nie wil doen nie. Heilige Gees, sal U die slegte raad in my lewe uitwys terwyl ek deur die leesplan lees?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Good Advice

Verslawing, egskeiding, ontevredenheid en geestelike leegheid. Hoe beland ons in hierdie chaos? Dit is asof ons op een of ander manier slegte raad volg. Hierdie Life.Church leesplan is vir mense wat ontslae wil raak van ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid