Leesplan inligting

Goeie RaadVoorbeeld

Good Advice

DAG 3 VAN 6

Hoe om Verslawing te Beveg



Begin so met 'n verslawing: regverdig enige obsessies wat jy het, doen wat jy ook al wil doen, steek jou foute weg, en vertrou op jou eie krag om enige vraagstukke te oorkom waarvoor jy te staan mag kom. Weereens, dis verskriklike raad wat baie van ons op een of ander stadium van ons lewens wel gevolg het — reguit in 'n chaos van leë verslawings in. Hoe kom ons uit die chaos? Daar is altyd 'n weg daaruit. Hier is vyf punte om jou weg uit verslawing oop te veg.



  1. Erken die swakheid. Is wellus 'n probleem vir jou? Vertel vir iemand. Werk jy te veel? Erken dit. Voel jy stukkend, eensaam, oorweldig, of net eenvoudig moeg? Moenie net vasbyt nie. Vra om hulp. Wanneer ons probeer om swakheid met sogenaamde krag te oorkom, is ons krag nooit genoeg nie, en ons behandel onsself uiteindelik met die verkeerde medisyne. Nooi God en betroubare mense in jou swakheid in. Dit is waar ware krag vandaan kom.

  2. Stop voordat jy jouself verwoes. Ons het elkeen ons eie persoonlike heilige Helper — die Heilige Gees. Voordat jy iets doen wat potensiaal kan verkeerd loop, vra die Heilige Gees se hulp. Die Heilige Gees kom letterlik in ons wese in om ons in ons swakheid te help en ons te bemagtig om duisternis terug te stoot. Jy is nooit alleen wanneer jy versoeking in die gesig staar nie. Die Heilige Gees is nie net by jou nie — Hy is in jou.

  3. Maak dit bekend. Weet jy wat groei in die donker? Niks goed nie. Weet jy wat die lig bring? Lewe. Deur net jou swaarste, donkerste geheime openbaar te maak, sal dit ligter word. In die woorde van Martin Luther King, Jr.: “Duisternis kan nie duisternis verdryf nie; net lig kan dit doen.”

  4. Vertrou op die krag van God. Sonder God het jy nie wat dit verg nie. Jesus het gesê: "My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is" (2 Korintiërs 12:9). Trek dus God se wapenrusting aan, en veg met sy wapens, want jy veg 'n geestelike stryd.

  5. Begin met die Weg Hieruit-leesplan. Indien jy verslawing beveg, moet jy jou hakke diep in God se waarheid inslaan. Die Weg Hieruit-leesplan sal jou deur twee weke neem om met behulp van die krag van God vry te raak. Begin vandag daarmee.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Good Advice

Verslawing, egskeiding, ontevredenheid en geestelike leegheid. Hoe beland ons in hierdie chaos? Dit is asof ons op een of ander manier slegte raad volg. Hierdie Life.Church leesplan is vir mense wat ontslae wil raak van ...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid