Leesplan inligting

Herontdek die KersfeestydVoorbeeld

Rediscovering the Christmas Season

DAG 1 VAN 25

'n Voorwoord tot Hierdie Avontuur



Wat is Advent?

Advent kom van die Latynse woord "adventus" wat "aankoms" of "op pad" beteken. Die Hebreërs het uitgesien na die aankoms van 'n Redder of Messias — die eerste Advent. Nou sien ons met afwagting uit na sy wederkoms om sy bruid te kom haal — die tweede Advent. Die kerk wag al vir sy wederkoms vanaf die oomblik toe Hy die eerste keer die aarde verlaat het.



Hoekom moet ek deelneem aan Advent?

Wat het Advent nou eintlik met die viering van Jesus se koms te doen? Tradisioneel tel Advent die vier weke voor Kersfees af. In werklikheid herinner Advent ons om elke dag in afwagting te wees vir sy koms. Hierdie tydperk handel oor ons ingesteldheid om Jesus Christus die middelpunt van ons lewens te maak. Ons wil tog gereed wees wanneer Hy kom om ons te kom haal om vir ewig by Hom te wees. Verwag om geïnspireer, uitgedaag, geherfokus, gebreek, gemotiveer, verenig, bemoedig en verwagtend te wees.



Hoe gebruik ek hierdie leesplan?

Elke dag is daar 'n paar vrae waaroor jy kan nadink en 'n voorstel vir 'n aktiwiteit om jou te help om Jesus die middelpunt van jou dag te maak. Jy kan die dae in volgorde doen of sommer enige dag kies wat jy dink tot jou beste voordeel sal wees. Jy kan die leesplan op jou eie doen, maar dink ook aan maniere om dit in groepe of as 'n gesin te doen. Sommige aktiwiteite is dalk iets wat jy in elk geval gedurende die Kersfeestyd doen, maar dit sal jou aanspoor om op 'n Christus-gesentreerde manier daaroor te dink. Ander aktiwiteite sal iets wees wat jy nog nie voorheen gedoen het nie; wees dus oop vir voorstelle en gewillig om iets nuuts te doen. Elke dag sluit Blootstelling, Verkenning, Uitdrukking en Belewenis in. Jy sal dalk elke dag die Ekstra Inligting wil lees voor jy die Skrifgedeelte lees, om jou in die rigting te lei waarvoor jy op die uitkyk moet wees.



Blootstelling:

Lees die vertelling van twee mense wat elke dag buite die tempel vir Jesus se koms gewag het. Vir iets tradisioneel, kyk na inligting oor Adventskranse en maak een vir jou huis. Dit kan so eenvoudig wees soos vier kerse wat in 'n sirkel gerangskik word.



Verkenning:

Bespreek of skryf iets neer oor die twee mense wat geseënd was om God se Redder met hulle eie oë te sien. Hoe kan jou lewe hierdie soort afwagting weerspieël?



Uitdrukking:

Dink na oor hoe jy in afwagting vir Kersfees is. Hoeveel van daardie gevoelens of opgewondenheid is rondom die aankoms van Christus gesentreerd?



Belewenis:

Voordat jy met hierdie 25-dae reis begin, bring tyd in gebed deur. Vra God om jou oë oop te maak vir 'n helderder visioen van Jesus as voorheen. Vra God om jou meer bewus te maak van hoe dit is om jou lewe in afwagting van die Advent van Jesus te leef. Selfs op 'n persoonlike vlak is die lewe waarlik 'n ADVENTuur wanneer Jesus kom. Kom ons ervaar dit hierdie Kersfees ten volle!
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Rediscovering the Christmas Season

Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te volto...

More

Baie dankie aan Life.Church se vrygewigheid om die struktuur vir hierdie leesplan, Herontdek die Kersfeestyd te verskaf. Om meer oor Life.Church te wete te kom, besoek hulle webtuiste by www.life.church.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid