Leesplan inligting

Herontdek die KersfeestydVoorbeeld

Rediscovering the Christmas Season

DAG 5 VAN 25

Ligte



Blootstelling:

Lees die Skrifgedeelte oor Jesus wat die lig is. Vind uit hoe die tradisie van Kersliggies begin het. Ry saam met vriende of familie in jou dorp rond en kyk na al die verskillende kersliggies.



Verkenning:

Op watter manier is Jesus die lig vir die wêreld? (Johannes 8:12) Dink na oor die wetenskaplike feite van lig waarvan jy kennis dra. Op watter maniere is lig die perfekte beeld wat God van die begin af geskep het om te beklemtoon wie Jesus is?



Uitdrukking:

Hoekom dink jy verwys Jesus na sy volgelinge as die lig vir die wêreld? (Matteus 5:14) Wat sal dit vir jou lewe beteken om 'n lig in jou verhoudinge en omstandighede te wees?



Belewenis:

Op watter maniere was jou lewe 'n lig vir diegene rondom jou? Maak 'n punt daarvan om in hierdie Kersfeestyd 'n lig te wees.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Rediscovering the Christmas Season

Begin 'n nuwe Kersfeestradisie met 'n nie-tradisionele verandering van die Adventstyd. 1 Desember is 'n ideale dag om hierdie avontuur te begin, maar as jy vroeër begin, het jy meer tyd om dit op 'n stadiger pas te volto...

More

Baie dankie aan Life.Church se vrygewigheid om die struktuur vir hierdie leesplan, Herontdek die Kersfeestyd te verskaf. Om meer oor Life.Church te wete te kom, besoek hulle webtuiste by www.life.church.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid