Leesplan inligting

Die Seën van die AlledaagseVoorbeeld

The Blessing of Ordinary

DAG 7 VAN 10

Soen vir Baba Jesus


Gedurende haar tweede Kersseisoen, het my jongste dogter, Addi, 'n pragtige gewoonte ontwikkel. Sy het verlief geraak op 'n prenteboek wat die Kersverhaal vertel en dit het 'n obsessie geword om na die enorme prent in die middel van die boek te blaai waar Baba Jesus in die krip lê. Met twee plomp hande, sou sy die boek in die huis ronddra en op daardie bladsy oophou, baba Jesus aan familielede wys of baba Jesus teen haar gesig hou en vir Hom soene gee. 



Toe sy eendag in die gang afstap en die Prins van Vrede in die boek soen, vra my vrou haar om die boek neer te sit sodat ons haar doek kan omruil. Woedend oor die feit dat haar heilige gevoelens onderbreek is, gooi Addi die baba Jesus (en die engele, herders, donkie, kameel en ten minste twee van die wyse manne) uit protes neer en begin skree en huil.



Addi se reaksie ontbloot 'n innerlike stryd waarmee baie van ons worstel …

Waarom laat die heelal ons nie net toe om die boek van ons daaglikse lewe by die beste dele oop te maak, en ons daar laat bly om dit alles in te neem deur baba Jesus te soen nie? Waarom moet vuil doeke die pret bederf?



Selfs die Kersverhaal wys ons dat die lewe nie 'n nimmereindigende opeenvolging van hoogtepunte van soene vir Jesus is nie: Gedurende 'n tyd van onderdrukking deur die regering, lê baba Jesus in 'n krip, omring deur die stank van diere, met twee ouers in 'n twyfelagtige huwelik wat na Hom omsien, in 'n besige huis wat stampvol familielede is. Toe die Woord vlees geword het, het Hy AL die menslike ervarings geseën, nie net die oomblikke van mooi Kersliedere nie. Maria moes nog altyd skottelgoed was nadat sy geboorte gegee het aan die Koning van konings. 



Die Skotse prediker, Alexander Maclaren, het 'n nuttige aanhaling hieroor:

"As God nie gestalte vind in ons kleinighede nie, wat is dan oor om dit in te wys?



Dis omdat ons lewens uit kleinighede bestaan. Die groot dinge kom drie of vier keer in sewentig jaar voor; die kleintjies elke keer wanneer die horlosie tik."



Die dinge wat meestal “in die pad” is, is eintlik dié weg, en dit is die plek waar die weg van Jesus geleer word. Almal moet leer om die alledaagse pad te loop, selfs ons geloofshelde …


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

The Blessing of Ordinary

Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde...

More

Baie dankie aan Matt Orth wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lesswithoutyou.com/matto/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid