Leesplan inligting

Die Seën van die AlledaagseVoorbeeld

The Blessing of Ordinary

DAG 10 VAN 10

Kleingeld


Stel jou voor iemand vertel jou dat God hulle gevra het om hulle motor vir jou te gee. Jy wag dankbaar in die oprit terwyl hulle met 'n vragmotor intrek en 'n enjin, 'n stuurwiel, vier bande en die bestuurdersitplek aflaai.  Verward staar jy na die stapel motoronderdele en kyk terwyl hulle wegry, tevrede met dit wat hulle geskenk het …



Alhoewel hulle die groot en belangrikste onderdele van 'n motor aan jou gegee het, het hulle nie die hele motor afgelewer nie, dus is die geskenk nutteloos. 'n Hele motor bestaan ​​uit meer as wiele en 'n enjin; dit bevat ontelbare moere, boute, skroewe, ens. wat die hele ding aanmekaar hou.



Wanneer Paulus daarvan praat dat ons ons liggame aan God gee as heilige en aangename offers, is dit waaroor hy praat: Ons héle lewe. Die groot, belangrikste dele en die klein, vervelige stukkies ook.



Dink aan huwelike: 'n Huwelik bestaan uit 'n wittebrood, 'n tuiste, herdenkings, onvergeetlike vakansies, soms troeteldiere en kinders … dit is alles hoogtepunte! En tog sluit die huwelik ook in om die skottelgoedwasser korrek te pak, 'n liter melk te gaan koop en jou belasting in te dien. Dit is ook deel van die huwelik … in werklikheid is die ekwivalent van net die belangrikste onderdele in 'n oprit af te gooi, soos om 'n huweliksmaat te hê wat sê dat hy of sy net op verjaarsdae en vakansies met jou getroud is.



Paulus vra dat ons ons hele lewens as 'n offer moet gee in die lig van God se genade. Nie met die oog op verwagtinge nie, maar met die genade van God as ons filter. Saam met gister se oordenking, is 'n goeie sin om te onthou die volgende:
God se genadige hoop vir my lewe, is dat ek getrou sal wees met wat ek het.



Hoe lyk dit om onsself as geestelike offers aan God te bring?
Ek het 'n vergelyking van die prediker Fred Craddock aangepas om dit te help verklaar …
Ons stel ons voor dat om ons hele lewe aan God te gee, soos 'n R190 000 se tjek is wat ons oor 'n tafel aangee en sê: "Hierso, Vader." 



'n Meer akkurate en tegemoetkomende manier om die aanbod voor te stel, is dat God sê: "Wel, Ek aanvaar jou lewe," en dan die tjek van R190 000 vir 'n sak met R190 000 se kleingeld in ruil aan ons teruggee. “Dit is Myne,” sê God, “maar Ek wil hê dat jy dit vir My een muntstuk op 'n slag gee.”



Daar sal 'n paar R95-ervarings wees, maar die grootste gedeelte van jou lewe word tien sent op 'n slag aan God gegee terwyl jy die goeie, aanneemlike en volmaakte wil van God in die alledaagse oomblikke van die lewe ontdek.


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

The Blessing of Ordinary

Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde...

More

Baie dankie aan Matt Orth wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lesswithoutyou.com/matto/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid