Leesplan inligting

Die Seën van die AlledaagseVoorbeeld

The Blessing of Ordinary

DAG 6 VAN 10

Saul se Wapenrusting


Saul luister na Dawid se redes waarom hy dink dat hy Goliat kan doodmaak, en die koning sê:  "Gaan, die Here is met jou."



Maar dan besef hy hoe Dawid lyk en is spyt dat hy dit toegelaat het: "Seun, ek weet jy het wilde diere doodgemaak, maar jy kan nie só uitgaan nie. Jy moet ten minste soos 'n soldaat lyk.”



Saul gee vir Dawid sy eie oorlogsjurk en wapenrusting om aan te trek. Die koning se klerekas en wapenrusting sou die beste wees wat in die hele land beskikbaar was. Stel jou voor jy ruil jou 2003 Honda in vir die koning se Rolls Royce.



Dawid probeer loop in sy glorieryke nuwe uitrusting … en verwerp dit.
“Ek is nie hieraan gewoond nie.”



Daar was niks verkeerd met die wapenrusting van Saul nie; die koning kon geleer het om God daarin te vertrou. Die lewendige verhouding van Dawid met die Here, was egter verweef met 'n stok en slingervel, nie met 'n goue jurk nie. Dawid het geweet dat die oorwinning nie van wapens en uitrustings afhang nie, maar dat hy die bewese karakter van God kon vertrou. 



Daar is tragiese ironieë in ons denke oor die Dawid en Goliat verhaal. Ons skaar ons by die buiteperd, maar bepaal ons visie en rigting deur Goliat se grootte en waardes. Groter spiese! Groter skilde! 



Daarom jaag ons te gereeld die beste "wapenrusting" daar buite na en mis ons die geleentheid om God regtig te ken in die huidige oomblik, met dit wat ons alreeds het. Ek glo dat die koninkryk van God vir 'n verlore en verslaafde wêreld baie aantrekliker sou wees as ons geleer het om die eenvoud van die staf in ons eie hande te verheerlik. Ons verkies eerder om oor mekaar te val vir Saul se wapenrusting in 'n kultuur wat reeds behep is met afguns, gulsigheid en wellustige ontevredenheid.



Ek sê nie ons moet alle ambisie oorboord gooi nie; ek argumenteer dat ons voortreflike ambisie in elke poging wat deur ons geloof aangespoor word, moet wees om God te ken en te dien, ongeag hoe eenvoudig of algemeen die geleentheid is. Dien God met jou stok en slingervel, jou kaas en brood en wees gereed as God ooit behoefte aan jou spesifieke vaardighede het. As Hy dit egter nie nodig het nie, ervaar jy steeds die vreugde om Jesus in die alledaagse te kan vind.



God vra nie dat jy Goliat moet doodmaak of 'n Dawid moet wees nie … of Beth Moore of Jim Elliot nie … God vra dat jy die eerste JY sal wees.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Blessing of Ordinary

Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde...

More

Baie dankie aan Matt Orth wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lesswithoutyou.com/matto/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid