Leesplan inligting

Die Seën van die AlledaagseVoorbeeld

The Blessing of Ordinary

DAG 1 VAN 10

Die Baie Goeie Alledaagse


In die begin, voor die listige slang en die verbode vrug, het die eerste mense in die goedheid van God geleef … daar was geen kerkgeboue, Christelike liedere en Bybels nie. Die verhaal van die lewe, dood en opstanding van Jesus Christus was nog nie deel van die geskiedenis nie. En tog … het hulle in goedheid geleef.



Hulle het in die tuin gewerk in die plek waar God hulle geplaas het. Die goedheid van God het vullis, hare en dieremis ingesluit, en daar was geen heldedade wat vir God gedoen moes word nie, net die getroue dade van versorging van die diere en om te wag dat sade groei. Ek glo dat baie gelowige mense lewens van verborge geestelike frustrasie leef.



Hulle lees in die Bybel van die groot geloofsdade en hoor ook vandag van beroemde Christene wat verbasende dinge vir God doen. Dan vergelyk hulle dit met hul eie lewens om rekeninge te betaal, na sportoefeninge te jaag, tyd vir daaglikse oordenking te maak en hulle wonder: “Het ek iets gemis? Is God ongelukkig met my alledaagse lewe?"



Te midde van doeke omruil, soggens se pendel en oënskynlik betekenislose vergaderings, is daar goedheid te vinde, en ons kan dit net in Jesus Christus kry: volkome God, volkome mens. Die goeie Koning het die weg vir ons na God gebaan … en daardie weg behels om ten volle mens te wees: met al die irriterende, deurmekaar en vervelige dele ingesluit.



Wanneer het alledaags begin om aaklig te beteken? Wie het vir ons gesê dat alledaags en middelmatig dieselfde beteken? Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Wat as dit wat ons dink in die pad is, eintlik die pad is?



Deur die Skrif, sal ons kan bewys dat die vrede wat alle verstand te bowe gaan, nie te vinde is in groener geestelike weivelde nie, maar in die groener weivelde in jou huidige, alledaagse lewe. Sluit by ons aan terwyl ons saam leer om God te eer en om met die alledaagse tevrede te wees.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Blessing of Ordinary

Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde...

More

Baie dankie aan Matt Orth wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lesswithoutyou.com/matto/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid