Leesplan inligting

Die Seën van die AlledaagseVoorbeeld

The Blessing of Ordinary

DAG 5 VAN 10

Leeus en Bere


Saul hoor die gerug van 'n selfversekerde jong man wat bereid is om Goliat aan te vat.  Dawid word in sy teenwoordigheid ingebring en die koning is nie beïndruk met die rietskraal, songebrande skaapwagter nie. 

Jy kan byna die spotlag in Saul se woorde hoor:
"Jy kan nie uitgaan en teen hom veg nie, jy is net 'n seun."



Dawid se reaksie onthul beide die bron van sy vertroue, sowel as die sleutel om die verskil te verstaan tussen hom en die soldate wat gepantser en gewapen was, maar sonder die geloof om na vore te kom.



Wanneer hy sy skape die woestyn in gelei het, was Dawid altyd op die uitkyk vir roofdiere. Twee keer moes hy magtige diere met sy staf en slingervel doodmaak.



Toe Dawid dus die uitdaging van Goliat hoor, beskou hy die reus as die volgende stap in die roofdier-voedselketting …  



“Die HERE wat my verlos het uit die poot van die leeu en die poot van die beer, sal my red uit die hand van hierdie Filistyn.”



Om voor Goliat te staan te kom, was nie Dawid se kans tot verheerliking nie, maar 'n daad van geloof wat sin gemaak het in 'n reeds bestaande verhouding van bewese vertroue. 'n Verhouding wat in alledaagse getrouheid begin het, terwyl hy sy plig met die gewone gereedskap as skaapwagter vervul het. Dit is die swaard, gesmee in die nimmereindigende vure van die alledaagse, wat gereed is om die groot vyand, wanneer dit te voorskyn kom, met geloofwaardigheid aan te durf.



Die moeilikheid en drama het na Dawid te midde van die gewone gekom, en hy het met vertroue en aksie gereageer, omdat hy geglo het dat die oorwinning oor sy vyand gekom het vanweë die teenwoordigheid van die Here en nie sy ingebore indrukwekkendheid nie.

Wat beteken dit vir jou?



Soek nou getrouheid in die teenswoordige, doen die alledaagse dinge met uitnemendheid, na die beste van jou vermoë en vra God vir wysheid om die "leeus en bere" te sien wanneer jy op Hom kan vertrou.



As leeus en bere te vreesaanjaend is, bid dan vir 'n figuurlike veldmuis, waar jy op God kan vertrou. Ons word soos die skreeuende, maar ongelowige soldate wanneer ons geloof net in teorie op God vertrou. Die doel is nie om jouself eendag van 'n veldmuis tot 'n Goliat op te werk nie … die doel is om God in 'n vertrouensverhouding te ken en tevrede te wees met jou staf en die slingervel in die teenswoordige.



Môre sal ons sien, die probleem om in daardie vryheid en vertroue te leef, is om die versoeking te oorkom waarvoor Dawid te staan gekom het toe Saul hom "geseën" het op pad om die reus te verslaan.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Blessing of Ordinary

Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde...

More

Baie dankie aan Matt Orth wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.lesswithoutyou.com/matto/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid