Leesplan inligting

RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 4 VAN 16

Geloof Gereken As Geregtigheid


"As Abraham op grond van sy dade vrygespreek is, dan het hy 'n rede gehad om te roem. Maar nie by God nie! Wat sê die Skrif? 'Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.'  'n Arbeider se loon word nie vir hom as 'n guns gegee nie, maar as iets wat hom toekom. Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry vryspraak deur sy geloof" — Romeine 4:2-5.



Wat Abraham geglo het, was in God se belofte dat sy afstammelinge so baie sou wees soos die sterre aan die hemel. Ons weet nie hoe oud Abraham was toe hy hierdie belofte ontvang het nie, maar hy het al vir baie jare geen kinders gehad nie en het moed verloor om ooit kinders te hê. Hy het verwag dat een van sy slawe sy erfgenaam sou wees (Genesis 15:3). God se belofte aan hom was dus nie maklik om te glo nie, maar hy het tog geglo en die Here het dit goedgevind, sodat dit hom tot geregtigheid gereken is. 



Nietemin, Abraham se geloof in God het hom nie daarvan weerhou om foute te maak nie. Met die verloop van tyd het hy kinderloos gebly. Abraham en Sara het dus 'n plan beraam om 'n kind deur haar slavin, Hagar, te kry. Ismael is gebore en Abraham het gedink hierdie is die kind vir wie hy gewag het. God het egter na 13 jaar aan hom verskyn en gesê dat dit nie waar is nie. Die erfgenaam sou Sara se eie kind wees. Aangesien Sara nou egter reeds verby die ouderdom was om kinders te kry, het Abraham dus vir God gevra om eerder vir Ismael voorspoedig te maak (Genesis 18:18). Tog het God daarby volstaan dat sy verbond slegs met Isak sou wees.



Vanuit 'n menslike perspektief was dit eintlik onmoontlik vir Sara om op haar ouderdom 'n kind te kon hê. Volgens Romeine 4:19-20, het Abraham se geloof nietemin nie verswak nie en het hy nie aan God se belofte getwyfel nie. Hy het in God bly glo en afgesien van sy planne om vir Ismael sy erfgenaam te maak, al het hy baie sleg daaroor gevoel (Genesis 21:11-14). Hy moes dus vir Ismael wegstuur en hom nie daar hou net ingeval iets met Isak gebeur nie.



Dit wys ons om in geloof te lewe, beteken nie dat ons nie foute sal maak nie — ons maak almal foute en daarom kan ons nooit deur ons dade geregverdig word nie. Dit beteken wel as ons agterkom ons het foute gemaak, keer ons daarvan weg en doen dinge soos God dit wil hê, ongeag hoe moeilik dit mag voorkom. Soos Romeine 4:22 (AFR53) dit stel, omdat Abraham in God bly glo het, is sy geloof hom tot geregtigheid gereken. 



Hoe verbonde is ons aan die planne wat ons vir ons lewens gemaak het? Net soos Abraham, maak ons almal planne om die dinge te bereik wat ons graag wil hê — of dit 'n betrekking is, 'n besitting of selfs 'n bediening. Hoe reageer ons wanneer ons planne nie uitwerk nie? Ontstel dit ons dat God nie sy stempel van goedkeuring daarop plaas nie (veral as ons tyd en geld in ons planne belê het)? Of is ons bereid om daardie planne te laat vaar en ons aan God se planne te onderwerp? 



Geloof is juis wanneer ons ons eie planne laat vaar en ons aan God se planne onderwerp. Dit is die soort geloof wat as geregtigheid gereken word. 



Wat is dit wat God vandag wil hê jy moet laat vaar?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en ee...

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid