Leesplan inligting

RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 16 VAN 16

Ons Staan Verenig


"Ek druk julle dit op die hart, broers: Pas op vir dié wat verdeeldheid veroorsaak en die mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het. Bly weg van hulle af" — Romeine 16:17.



Een van die hoofredes waarom Paulus 'n brief aan die Romeine geskryf het, was om eensgesindheid in die kerk te bevorder, veral tussen die Jode en die Grieke. Die groete wat Paulus in sy brief aan die einde van die hoofstuk stuur, wys duidelik dat die kerk uit 'n smeltkroes van kulture bestaan het.



Die lys wat aan die einde van hoofstuk 16 genoem word, is 'n mengelmoes van Joodse en Griekse name. Ons sien nie slegs die verskillende etnisiteite van die Romeinse kerk nie. Dit kom ook voor die lede in die kerk was van verskillende sosiale stande. So was Febe, Priscilla en Akwila welgesteld genoeg om weldoeners te wees en die gemeente het gereeld in hul huise bymekaar gekom (verse 1-5). Daarteenoor was Ampliatus en Urbanus waarskynlik slawe, aangesien hul name algemene slawename in daardie tyd was. Meer as 'n derde was vrouename, waarvan ses vir hul bediening geprys is, wat aandui dat beide mans en vroue in die kerk gedien het.



Met soveel uiteenlopende mense, kan daar maklik verdeeldheid voorkom. Daarom waarsku Paulus hulle weer eens teen die einde van sy brief om versigtig te wees vir dié wat verdeeldheid veroorsaak. Hulle moenie valse leraars soos die Judaïste of ander toelaat om die kerk weens etnisiteit of verkeerde houdings van meerder- of minderwaardigheid te verdeel nie. Dit is soos Paulus vroeër aan die Galasiërs geskryf het: "Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één" (Galasiërs 3:28). 



Selfs vandag, net soos die kerk in Rome, bestaan die wêreldwye kerk uit 'n uiteenlopende verskeidenheid mense. Paulus se waarskuwing aan die Romeine is vir ons ewe toepaslik. Ons moet versigtig wees vir leringe wat verdeeldheid onder Christene veroorsaak of bevorder. As God ons almal as één sien, is dit onnodig om in ons verskille verstrik te raak.



Moedig jy verskeidenheid in jou kerk aan?


Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en ee...

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid