Leesplan inligting

RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 1 VAN 16

Uit Geloof Vir Geloof


"Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is ʼn krag van God af, tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek vir die Jood, maar ook vir die nie-Jood. Die evangelie kom juis tot openbaring sodat God mense van hulle sonde kan vryspreek, enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: 'Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe'” — Romeine 1:16-17.



Van Paulus se teenstanders het gedink hy moet skaam wees oor die evangelie wat hy verkondig het, omdat dit ʼn sondige lewe verteenwoordig. Hulle het so gedink omdat dit nie vereis het dat mense hulle aan die wet moet onderwerp nie (Romeine 3:8, 6:1). Paulus het hierop geantwoord dat hy hom nie vir die evangelie skaam nie omdat verlossing in der waarheid deur geloof kom, die evangelie roep hulle ook “tot geloof” in die sin dat hulle in geloof moet leef. Hy haal Habakuk aan om sy punt te bewys — “Die regverdiges sal in geloof leef.



Habakuk was ook in ʼn posisie waar dit gelyk het asof God die sondige gedrag van sy mense miskyk (Habakuk 1:1-4). Toe hy by God hieroor kla, het God vir hom gesê dat hulle straf in die vorm van die Galdeërs sal kom. Dit het nie vir Habakuk sin gemaak nie, want die Galdeërs was selfs nog meer goddeloos. Het God Homself blind gehou vir hulle bose dade (Habakuk 1:13)? God het toe vir Habakuk geantwoord dat hy geduldig moet wees. Uiteindelik sal dié wat staande bly diegene wees wat aan God getrou gebly het (Habakuk 2:4). Dié wat nie aan God gehoorsaam was nie en selfsugtige, selfversorgende lewens gelei het, sou vernietig word — beide Galdeërs (heidene) en Jode.



Dit het daartoe aanleiding gegee dat Habakuk sy bekende geloofsverklaring gemaak het.



Al sou die vyeboom nie bot nie,

en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,

al sou die olyfoes misluk

en die lande geen oes lewer nie,

al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie

en die beeskrale sonder beeste wees,

nogtans sal ek in die Here jubel,

sal ek juig in God, my Redder.

Die Here my God gee vir my krag.

Hy maak my voete soos die van ʼn ribbok,

op hoë plekke laat Hy my veilig loop.

Dit is die soort geloof waartoe die evangelie ons oproep. Wat ons omstandighede ook al mag wees, ons moet nog steeds op God staatmaak. Ons moenie selfsugtig en selfversorgend wees soos die Galdeërs nie, maar soos Habakuk, soekend na God en van Hom afhanklik wees. As ons daagliks met daardie soort geloof leef, sal daar geen plek in ons lewens vir sonde wees nie omdat sonde die gevolg daarvan is om op onsself te fokus.



Dit is hoekom Paulus gevoel het dat, om nie op die wet aan te dring nie, geensins iets is om oor skaam te wees nie. Om mense op te roep om deur geloof te leef, skakel outomaties die moontlikheid uit dat hulle sondige lewens sal lei. Verlossing deur geloof is egter slegs die helfte van die evangelie. Die ander helfte is dat ons in geloof moet leef — beide Jode en heidene. 



Jy is deur geloof gered. Leef jy asof jy geloof het?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en ee...

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid