Leesplan inligting

RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 3 VAN 16

Nuttelose Roem


"Het ons nou iets uit onsself om op te roem? Nee, dit is uitgesluit. Deur watter wet? Dié van die werke? Nee, deur dié van die geloof" — Romeine 3:27.



Oor watter dinge spog ons? Vir die Joodse Christene met wie Paulus gepraat het, was dit hul erfenis as die oorspronklike volk wat God vir Hom uitgekies het. Natuurlik is die heidene ook nou in die kudde toegelaat, maar die Jode wat altyd die volk van God was, het gevoel die nuwelinge kan maar regtig na hulle luister. Hoe kan die eeu-oue besnydenis en nakoming van die wette wat God self aan hulle gegee het dan nie langer 'n vereiste wees nie?!



Paulus gee toe dat hulle wel 'n voordeel bo die nie-Jode het (Romeine 3:2), maar dit het hulle nie beter as die heidene gemaak nie. Dan haal hy uit die Ou Testament aan om aan hulle te wys dat hulle net so skuldig aan rebelse gedrag as die heidene is. In verse 10-14, verwys hy uit die Psalms na die heidene en in verse 15-17 uit Jesaja, verwys hy na die Jode se gedrag. Daarom het beide groepe vir Jesus nodig en moet beide deur God se genade geregverdig word, dus kan nie een van hulle in die nuwe koninkryk aanspraak maak op voorkeur status nie. Hulle is nie gered weens hul erfenis nie, maar deur hul geloof en dus is daar geen gronde vir roem nie.



Ons is soms daaraan skuldig dat ons soos daardie Joodse Christene optree. Ons dink die manier hoe ons dinge doen, maak ons beter as hulle wat dit anders doen. Diegene wat byvoorbeeld huiskerke bywoon, dink hulle is nader aan die Handelinge-model en dus beter as dié wat dienste in kerkgeboue bywoon. Kerke wat in denominasies geklassifiseer is, voel hulle teologie is korrek en dié wat van hulle verskil is bloot verkeerd. Dan is daar kerke wat vroue in leierskapsposisies plaas om sodoende die vrou se status soos in Genesis voor die sondeval te herstel. Hulle roem dat hulle beter is as die patriargale kerke waar dit nie toegelaat word nie. Kerke waar tradisies streng nagevolg word, roem weer dat hulle beter is omdat hulle nie by die huidige wêreldse denke aanpas nie. 



Hierdie gedeelte herinner ons, al is daar dalk werklike voordele aan die manier hoe ons dinge doen, dat dit ons nie beter maak as hulle wat van ons verskil nie. Niemand is perfek nie. Niemand kom eens naby God se standaard nie. Ons het almal sy genade nodig en word deur geloof gered. In plaas daarvan om te roem oor die dinge wat ons doen, behoort ons te roem oor wat God vir ons gedoen het en steeds in ons doen. Soos Paulus in 2 Korintiërs 10:17-18 sê: "Maar die Skrif sê: 'Hy wat roem, moet in die Here roem.' Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word."



Wat openbaar jou gesprekke oor jou houding teenoor ander Christene?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en ee...

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid