Leesplan inligting

RomeineVoorbeeld

Romans

DAG 5 VAN 16

Nagestreef Deur God


"Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was" — Romeine 5:8.



Ek dink die interessante ding oor die Bybel, is dat dit nie so veel oor die mens se strewe na God gaan nie, maar eerder God se strewe na die mens. Die mens is geskep om gemeenskap met God te hê, maar daardie plan is deur Adam se sonde geruïneer. Van Adam tot by Moses, was daar geen formele manier waardeur sonde versoen kon word nie. Toe God Israel gekies het om sy volk te wees, het Hy die wet aan Moses gegee. Dit was nie slegs 'n klomp opdragte om te volg om sodoende in God se guns te kom nie, maar het ook offers om sonde te versoen ingesluit om so die verhouding tussen God en sy mense te herstel wanneer hulle foute gemaak het. Tog, net soos Adam, het die Israeliete teen God gerebelleer en die verbond verbreek wat God met hulle gemaak het. God het egter weer in liefde na hulle uitgereik deur vir Jesus te stuur om vir ons sonde te sterf en dit moontlik te maak om weer 'n verhouding met Hom te hê. Soos Romeine 5:10 sê, God het dit gedoen terwyl ons nog sondaars was.



God het ons lief en wil 'n verhouding met ons hê. Hy is nie 'n kwaai God wat nie kan wag om ons vir elke fout te straf nie. As Hy sy Seun kon stuur om vir ons te sterf toe ons nog teen Hom gerebelleer het, hoeveel te meer sal Hy nie vir ons doen wanneer ons Hom volg nie? Hy hou nie ons foute teen ons nie. Ons hoef net belydenis te doen, na Hom terug te keer — en Hy sal ons vergewe (1 Johannes 1:9).



Ons sien dit in die Bybel in die lewens van manne van God. Dawid is 'n man na God se hart genoem, ongeag die owerspel en moord wat hy gepleeg het. Sy lewe was ingestel daarop om God te volg en aan Hom gehoorsaam te wees en daarom was God gewillig om hom te vergewe toe hy sy foute bely het, ongeag die erns daarvan. Volgens Hebreërs 11, was nie een van die geloofshelde modelmense of perfek gewees nie. Ons behoort nie alles wat hulle gedoen het na te volg nie. Wat ons wel kan nadoen, is die grondslag van hul lewens — hul geloof in God en hulle toewyding aan Hom.



As God dus bereid is om soveel ter wille van ons te doen, ondanks ons gebreke, dan is enige hindernisse in die verhouding mos óns toedoen. Is ons bereid om op sy toenadering te reageer? Of is sy vereistes te moeilik? Al wat Hy van ons verwag, is om geloof in Jesus te hê en in daardie geloof te lewe.



Wat kan jy vandag doen om jou verhouding met God te versterk?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Romans

Hierdie leesplan sal jou met ʼn hoofstuk per dag deur Romeine lei. Elke dag sal gepaardgaan met ʼn meditasie oor een van die verse in daardie dag se hoofstuk. Hulle behandel onderwerpe soos geloof, hoe om reg te leef en ee...

More

Ons wil graag vir Flat Fish, wat hierdie leesplan verskaf het, bedank. Vir meer inligting, besoek gerus: https://courageousmagazine.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid