Leesplan inligting

!Stres!Voorbeeld

!Stres!

DAG 4 VAN 10

Lag ’n slag


Ons gesin was eenkeer, kort voor ’n vakansie, onder geweldige stres. Die vakansie moes ons eenvoudig regruk! Dit voel oppervlakkig, maar ons het gebid: “Here, laat ons asseblief baie lag!” Ons het eenvoudig nodig gehad om te onthou dat Hy ook lawwigheid en simpel grappies en vrolike tye gemaak het. God het ons gebed beantwoord en ons daardie vakansie geseën met skreeusnaakse oomblikke wat al die spanning soos mis voor die son laat verdwyn het.


Hawk Nelson sing ’n liedjie met die volgende woorde en dit is uitstekende raad: “So go ahead and live like you’re loved; it’s OK to act like you’ve been set free … ” Partykeer neem ons onsself veels te ernstig op. En hoewel ons natuurlik erns moet maak met God en sy Woord, moet ons ook nie vergeet dat ons vrygemaak is nie – en dat dit heeltemal in orde is dat ons lewens ook verligting en blydskap uitstraal oor daardie wonderlike wete.




LAG EN DIE WÊRELD LAG SAAM


Lag is regtig van die beste medisyne wat daar is. Lag verlaag streshormone en verbeter immuniteit deur die aantal teenliggaampies wat infeksie bestry te verhoog. Dit verlig fisieke spanning, laat jou liggaam ontspan en verbeter bloedsirkulasie. Lag stel endorfien vry, wat jou ’n algehele gevoel van geluk en tevredenheid gee en selfs tydelik pyn kan verlig. Boonop kry jy sommer ook ’n oefensessie in: ’n mens gebruik jou hele liggaam om te lag – vyftien spiere net in jou gesig. Kry daarom dadelik vir jou iets om oor te lag!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

!Stres!

Stres is ’n onmiskenbare en grotendeels onvermydelike deel van ons lewens en hoe gouer ons leer om dit te bestuur, hoe beter. Die beste manier om jou te verkwik, is om jou oor te gee aan afhanklikheid aan God. Word eenvo...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid